sr1108charlene_witstock_4_
Ons praat met

FOTO’S: Marita gesels met Charlene Wittstock en haar prins

“Op pad na die paleis in Monaco voel ek ’n bietjie bewerig – en nie net vanweë die steil opdraand wat ek te voet moet aflê van my hotel langs die hawe tot by die befaamde vesting op Die Rots nie. In my jare as joernalis het ek heelparty beroemdes ontmoet – rolprentsterre, sportsterre, mooi mense – maar nog nooit moes ek ’n prins en ’n prinses uitvra nie. Boonop ’n prinses wat ’n sportster uit eie reg is, en so mooi soos die mooiste rolprentster.

Drie-in-een dus, menige joernalis se droom, maar dosyne vrae maal deur my kop. Hoe moet ek hulle aanspreek? Dis kort voor die troue, dus is Charlene Wittstock nog nie amptelik ’n prinses nie, maar wat van prins Albert? U Hoogheid? En moet ek ’n kniebuiging maak? Hoe máák ’n mens ’n kniebuiging? Die laaste keer dat ek dit moes doen, was in ’n balletkonsert op laerskool!” – Marita.

* Haar onderhoud met Prinses Charlene en Prins Albert is in die Augustus 2011-uitgawe van SARIE te kry.

Marita besig met haar SARIE-onderhoud

Die stylvolle statige Prinses Charlene

  • Cta

    Sjoe, sy is so mooi. Wens hulle alle geluk toe vir die toekoms !!!

  • Suzette

    Sy’s beautiful, ek love haar en haar Prins Albert. Hoop hul is verskriklik gelukkig. Jammer vir al die aaklige liegstories wat versprei word maar gun hulle net liefde en geluk, sy’s baie stylvol en hy is ‘n real gentleman.

  • Charmaine

    Chs

    Was in Londen vir royal wedding, maar sou wat wou gee om Monaco troue bytewoon. Dis soveel meer van betrekking op SA. Hoop regtig dit gaan net so sprokies toekoms vir hulle wees aswat die troue was.

  • Francis

    Dit is vir Suid-Afrika ‘n groot voorreg om deel te neem aan ‘n Prinses se droom. Baie spesiale oomblikke vir enige iemand in Suid-Afrika om deel te wees aan ‘n prentjie mooi troue en spesiale mense wat almal verbind aan die fyn etiek van die lewe.

    Ons is trots op Charlene en weet dat sy die naam van Suid-Afrika oral gaan uitdra en nooit ons land gaan vergeet nie. Met haar familie se ondersteuning, asook haar mede landburgers in Suid-Afrika, gaan sy nog groot drome volmaak.

    Sy is fyn, pragtig en ‘n regte prinses om op trots te wees. Dankie Charlene vir die voorbeeld vir almal oor die wereld. Jou opregte, eerlike en positiewe houding gaan almal help om ‘n voorbeeld te wees.

    Geniet ‘n wonderlike getroude lewe saam met jou droom man.

  • Ansie VdMerwe

    Wens hulle net die beste toe. Dit is vir ons in Suid-Afrika so belangrik dat hulle ‘n gelukkige huweliik sal hê. Nog nooit het ek die doen en late van ‘n prinses so gevolg nie, maar dit voel tog of sy die naaste van die koninklikes aan ons is. Is sy nie stattig nie, ‘n ontwerper se droom!