mei_2013
Ons praat met

FOTO’S: Nadia Valvekens soos nog nooit!

Op 31, sê die Binneland-aktrise Nadia Valvekens, is sy gemakliker in haar vel as ooit tevore.

“Maar ek moet bieg, daar was ’n bietjie van ’n lewenskrisis net nadat ek 30 geword het in Maart verlede jaar,” lag sy.

Jy sukkel byna om jou in te dink hoe dié borrelende blondekop deur ’n lewenskrisis kon worstel. Sy lyk koel, kalm en selfversekerd in haar bruin kortbroek en wit T-hemp. Sy gesels maklik en steek niks agter grimering weg nie – net ’n tikkie maskara en ’n glimlag, en sy’s soggens by die huis uit.

“Ek het dit nie tóé as ’n krisis beskou nie, maar, sjoe, dit was ’n gróte. Jy besef skielik jy wou op hierdie ouderdom sekere dinge bereik het en sekere dinge wees, en dan begin die vrae: Het ek alles gedoen wat ek wou? Is ek op die regte plek? Hou ek van myself?”

Jy soek dan na wie en wat jy regtig is, sê sy, en dis ’n belangrike proses. “Jy voel vir ’n rukkie vreemd as jy deur dié denke worstel, maar dan vind jy weer balans. Dis ’n nodige groeiproses. Ek kon op die ou einde vir myself sê: ‘Jy’s eintlik oukei, ek hou van jou.’ En dis belangrik om te weet jy hou tog van jouself, want as jy nie lief is vir jouself nie, glo ek nie jy kan waarlik lief wees vir iemand anders nie.”

Kry jou Mei-uitgawe van SARIE vir ál die pragfoto’s van Nadia á la The Great Gatsby.

+ sy praat oor die lewe ná 30, haar langafstandverhouding met akteur Karl Thaning en haar vriendin se geweldsdood.

Nadia Valvekens agter die SARIE-skermsNadia Valvekens agter die SARIE-skermsNadia Valvekens agter die SARIE-skerms

Nadia Valvekens agter die SARIE-skerms

Nadia Valvekens agter die SARIE-skermsNadia Valvekens agter die SARIE-skermsNadia Valvekens agter die SARIE-skermsNadia Valvekens agter die SARIE-skerms

In Nadia se woorde

Nadia agter die voorbladskerms