Ons praat met

Foto’s: RSG se Martelize Brink in Hollywood, ontmoet Bold-akteurs

“Ons het die 29ste Mei geland en op 2 Junie weer teruggevlieg. The Bold and the Beautiful het ‘n kompetisie op RSG gedoen waar geskenkpakke elke dag weggegee is, en 2 wenners is gekies om die stel te besoek en ‘n Hollywood-toer te doen,” vertel Martelize.

“Ek is gevra om saam te gaan. Good Hope FM, Huisgenoot, You, Drum en SABC 1 was óók daar,” het sy gesê.

Oor my besoek op stel

“Ek was twee dae na mekaar agter die skerms en het gesit en kyk hoe hulle die episodes opneem. Dit is nogal ‘n vreemde ervaring om mense wat al vir 25 jaar op televisie hierdie karakters vertolk op so ‘n amper vulnerable manier te sien.

“Daar was baie gespottery tussen hulle op dag 1. Die volgende dag was daar meer ernstige tonele en kon jy dadelik die spanning aanvoel. Ons het die eerste aand ook geleentheid gehad om met die akteurs aandete te geniet.

“Ek het met die meeste van hulle onderhoude gedoen en ek moet sê almal is baie plat op die aarde. Ronn Moss (Ridge) en Hunter Tylo (Taylor) was baie vriendelik en rustig. Hunter en Catherine Kelly Lang (Brooke) is só klein!”

Martelize Brink en Ronn Moss

Martelize Brink en Susan FlanneryMartelize Brink en Katherine Kelly Lang

My hoogtepunte!

“Die besoek aan The Bold and the Beautiful se stel was die hoogtepunt! Dit is by CBS-ateljees waar Survivor, How I Met Your Mother, The Young and the Restless en nog baie ander programme opgeneem word.

“Die dae wat ons tussen gewone Amerikaners deurgebring het, was ook fantasties. Venice Beach was ‘n ongelooflike dag. Ons het op die promenade op en af tussen die winkels en die interessante mense geloop. Verder was ek by die Beverly Wilshire Hotel, op die hoek van Wilshire Boulevard en Rodeo Drive, waar Pretty Woman verfilm is.”

“Ek moes die toilet gebruik en hulle het my binne toegelaat.” 🙂

Die garderobe

Op stel by The Bold and the BeautifulOp stel by The Bold and the Beautiful

VIR NOG FOTO’S, klik op Martelize Brink se Facebook-blad (Fanpage)

  • Veronica

    Martelize, ek luister op hierdie oomblik na jou en die wenners van Bold & Beautiful kompetisie. Ek ken Pretty Woman woord vir woord, daarom sal dit lekker wees om ook in Rodeo Drive te kon loop. Miskien eeendag!! Bly julle het dit geniet.

  • Tessa Oosthuizen

    Fantasties Martelize.di moes n wonderlike ervaring gewees het.n sprokie soos dit my lyk.bang jy word te gou wakker.

  • NAOMI

    VOW WK SAL WAT WIL GEE OM HUL ALMAL IN LEWENDE LYWE TE SIEN

  • Annetjie

    Sjoe Martelize, jy lyk so ‘glamorous’, mens moet mooi kyk wie is die Hollywood sterre en wie is die onderhoudvoerder.
    Bly jy is heelhuids terug en dat hulle jou nie opgeraap het nie!!