Ons praat met

FOTO’S: Sean Else se Carla hou ooievaarstee

Is jy opgewonde?
Verskriklik! Ek het nog altyd gewonder hoe dit moet voel om swanger te wees en ‘n nuwe lewetjie binne jou te voel groei en dis regtig die grootste blessing ooit. Dis net alles so spesiaal en ek is voorwaar geseënd om ‘n maklike en gesonde swangerskap te kan hê.

Hoe voel Sean oor pa-word?

My liefste man is klaar ‘n wonderlike pappa van twee pragtige seuntjies wat by ons bly, so hy is al mooi ingeoefen met pappa-wees. Ek kon nie vir ‘n beter man vra nie.

Wat gaan sy naam wees?
Ons gaan dit nie nou al verklap nie, maar ons kan wel sê dat hy vermoem word na iemand baie spesiaal in ons familie.


Sean en Carla Else Hoe lyk jul babakamer, en is als gereed vir sy koms?

Die babakamer gaan baie neutraal wees met aardse kleure. Dis ‘n heerlike stokperdjie wat ons op die oomblik nog lekker besig hou. Ons het darem al die meeste van die meubels wat ons by Kids Emporium gekoop het, ontvang. Daar is wel nog n hele paar goedjies om te gaan koop en ons moet nog besluit op die finale kleur-skakerings vir die mure. 

Waarna sien jy die meeste uit?
Ek sien uit na alles! Ek weet nie wat om te verwag nie, so alles is vir my spesiaal. Ek dink as ek iets móét uitsonder, sal dit die oomblik wees wanneer ons sy gesiggie sien en hom vashou vir die eerste keer.

Sean en Carla Else

Vir hoe lank gaan jy verlof neem, en wat le voor wanneer jy weer gaan begin werk?
My plan was om hierdie jaar te werk, maar toe kry ons die swangerskap-nuus, so vir nou is ek baie rustig en ek geniet net elke oomblik van die swangerskap. Ek sal seker eers ‘n hele ruk na die geboorte weet in watter rigting my loopbaan gaan. My passie vir die vermaaklikheidbedryf is verseker nog sterk, so ons sal sien wat die toekoms inhou.

Wat is jou grootste wens vir jou kind?
Sjoe, dis ‘n moeilike een want ons het soveel wense vir hom. Ek dink die grootste is net dat hy voluit sal lewe en gelukkig sal wees en ook dat hy ‘n voorbeeld sal wees van ‘n mens wat optree met liefde teenoor sy medemens en in alle ander aspekte van sy lewe. Dis mos waaroor die lewe gaan? Liefde!

Carla Else

Is julle nog gelukkig in die Kaap?
Die Kaap is heerlik en so mooi. Ons is nog nie n dag spyt oor die skuif nie.

Sal julle nog kinders wil he?
Ek wou nog altyd 4 kinders gehad het, so aangesien daar klaar twee is met ‘n derde oppad, sal ons seker vir nog ‘n laaste enetjie probeer in die toekoms. Vir nou fokus ons net op die nóú van ons lewe en leef daarin en geniet elke dag volkome. Alles gebeur mos soos dit moet en op Sy regte tyd.

Sean en Carla Else

Die partytjie!

Wie was almal daar?
Daar was omtrent ‘n gastelys van 30 mense wat uit familie en vriendinne bestaan het. Party het selfs van Port Elizabeth en Pretoria gekom. Ons het dit so waardeer dat soveel steeds moeite gedoen het om spesiaal die ooievaarspartytjie te kom bywoon, al woon hulle ver.

Die partytjie

Wie het dit vir jou gereël?
My liefste Pa en Ma – die beste ouers in die wêreld. My ma, Karin, het saam met ‘A Tailored affair’ , die idees geskep van hoe dit moet lyk en hulle het dit toe laat realiseer. Chrissy Bruwer, vanaf Artifex Photography het al die fotos geneem van ons spesiale aand. Al die manne, asook my skoonpa, het uitgehelp met die drapering van die lokaal en die regkry daarvan vir die groot geleentheid. My man het ook natuurlik baie gehad om “skelmpies” te reël, sonder dat ek enigiets agterkom… Dit was omtrent ‘n spanpoging.

Carla Else

Wat was op die spyskaart?
Waar begin ek? All you can eat sout-vingerhappies en die heerlikste nageregte. Daar was ook die mooiste “babakoek”. Die hele soet-tafel is ook deur Chrissy en haar span gedoen. Hulle is so talentvol en kan als reël – van die lokaal en tafelversierings, tot die kos en die foto’s!

Watter oulike geskenke het jy gekry?
Ons was so bederf met geskenke: Die mooiste babaklere, baba-monitor, bottels en dummies en die oulikste speelgoed. ‘n Handgemaakte kombers met baba se naam op!

Sean en Carla Else

Enige iets spesiaal wat jy sal onthou?
Ek voel partykeer dat die man so afgeskeep word tydens ‘n swangerskap omdat al die aandag automaties gaan na die vrou en die baba. So vir daardie rede wou ek graag dat Sean daar wees vir die laaste gedeelte van die aand sodat ons geskenke saam kon oopmaak. Dit was baie spesiaal. Al die mans wat vroeër die aand, rustig saam met hom gekuier het, het elkeen ‘n pak doeke vir hom as geskenk saamgebring. Ek dink ons het nou genoeg doeke-voorraad vir ‘n hele paar maande…

Sean en Carla ElseSean en Carla Else

Sean en Carla Else