sr1304_franci_swanepoel01
Ons praat met

Franci Swanepoel: “Ek sal altyd vir Toeks mis”

Mis jy vir Toeks? Is daar baie mense wat jou nog as dié karakter herken?
Ek sal haar altyd mis. Watter wonderlike voorreg om byna ses jaar saam met haar te leef. Dit was van die beste en mooiste tye in my lewe. Ek mis veral die Binneland-familie wat ek so gekoester het en nog steeds doen. Maar Toeks is nie weg nie, sy lê nog baie diep hier in my hart. Ek kry nog baie mense wat vir Toeks herken en hulle noem my graag “Tannie”!

Mense wat jou goed ken, praat altyd van jou goeie hart. Beskou jy dit as ’n gawe?
Ek hoop my hart is goed. Ek maak ook maar menslike foute, maar ek is een vir die afvlerkduif. Ek is lief vir mense, maak nie saak wie hulle is nie. Ek ag myself nooit beter as ’n ander nie en dis iets wat ek van my wonderlike ouers geërf het. My hart is groot en ruim, en daar is altyd plek vir nog iemand. En ek bly nederig dankbaar vir dié wat hul harte ook so ruim vir my oopgooi.

Wat sou jy graag wou hê moet eendag op jou grafsteen staan?
“Mag die bome groen bly en die sterre wit. En mag daar altyd mense wees wat mekaar sonder skaamte in die oë kan kyk …” [26 November 1975 – Breyten Breytenbach]


Franci se gunstelinge

Gunsteling-fliek Dead Poets Society
Luister na Die Heuwels Fantasties
Top-boek Fees van die ongenooides deur PG du Plessis
Vir fun kuier om ’n tafel saam met familie en vriende
Helde in die bedryf
is Sandra Prinsloo, Hennie van Greunen & Deon Opperman