sr1009fransi_swanepoelrz
Ons praat met

Franci Swanepoel se moeilikste besluit nog

Ernst Swart, die sepie se reklamebestuurder, sê dit is ‘n besluit wat sy geneem het saam met die vervaardigers. “Sy is ongelooflik besig vanjaar en het net te veel hooi op haar vurk. Sy moes van haar verantwoordelikhede minder maak.”

Maar haar getroue aanhangers gaan haar glad nie mis nie. Sy is te sien in ‘n teaterstuk, Janneman, onder die regie van Hennie van Greunen, én sy gaan in die nuwe Afrikaanse dramareeks Hartland deur Deon Opperman te sien wees. En oudergewoonte gaan kykNET se Fiësta aan met Franci as aanbieder.

Die werklading sou net te veel gewees het, en die mate van reis wat met Janneman en Fiësta gepaard gaan, sou dit net onmoontlik gemaak het om voort te gaan met die rol van Toeks.

“Dit was een van die moeilikste besluite wat ek in my lewe moes neem. Ek het my jare by Binneland regtig geniet,” het Franci vertel.

Maar wie weet, dalk sien ons haar weer van tyd tot tyd in Tonic op haar pos in die Binneland-hospitaal?

  • Annelise de Witt

    Agge nee!! Toeks was altyd ‘n "tonic"! Gaan haar beslis mis.

  • Susan Greeff

    Ag nee!! Dis baie sleg! Ons is so mal oor haar karakter!

  • Elana van Tonder

    Ons gaan haar vreeslik mis. Sy is so ‘n pragtige mens. Maar ons gun haar dit wat sy graag wil doen. Sterkte voorentoe.

  • Marysa Hattingh

    Binneland sal nie dieselfde wees sonder Toeks nie. Gaan haar mis. Voorspoed aan Franci met alles wat sy in die toekoms gaan aanpak!

  • Marysa Hattingh

    Binneland sal nie dieselfde wees sonder Toeks nie. Gaan haar mis. Voorspoed aan Franci met alles wat sy in die toekoms gaan aanpak!

  • Charmaine

    Hoop sy gaan weg saam met Kaptein Liebenberg, as sy dan moet gaan.

  • Charmaine

    Hoop sy gaan weg saam met Kaptein Liebenberg, as sy dan moet gaan.

  • Lida Pieterse

    Ag nee, hoekom los sy neie Fiesta nie. Daar is baie wat Fiesta kan aanbied, maar net 1 Toeks. Gaan jou mis man!!!

  • Adri Eksteen

    hoop sy gaan op honeymoon saam met die Kapteintjie!!

  • Mariet Marais

    Ag nee, jy is so deel van Binneland, soos Binneland self. Is al juis so teleurgesteld dat die Sub Judice-klomp tot ‘n einde kom.

    Wat die dieet aanbetref – ek beny jou ontsettend!

  • Simon Cooper

    Almal julle sepie "groupies" – gaan kyk "JANNEMAN" en sien hoe Franci Swanepoel optree.

  • ghrqaqjwia

    gKSazx fprmtbeefzdb, [url=http://jkhpizkrvlwj.com/]jkhpizkrvlwj[/url], [link=http://ekjqhevkmclw.com/]ekjqhevkmclw[/link], http://qllituazljgf.com/