sr1305opperman
Ons praat met

Frank Opperman se sagte kant

Wat is vir jou die mooiste van jou huidige lewensmaat, Esmarie Meyer?

Ek en Esmarie is nie getroud nie, hoewel ons al agt jaar saam is. Ons het ook die lieflikste dogtertjie, Ena (6). Esmarie het geduld, en sy word al hoe mooier soos sy ouer word. Sy blyk my te verstaan, en ondersteun my in al my maneuvers. Ons is deur dieselfde dokter gevang by geboorte, ek is lekker lucky met so ’n vangs!

Inspireer jou jongste jou tot teaterwerk, soos die kindervertoning Kaptein Blitz?
Met klein Ena in die ronde het ek gedink: Hoekom nie een keer in my lewe ’n stuk vir kinders aanpak terwyl ek nog die energie het nie? Sy was baie impressed met haar pa. En wie wil nie superhero op sy CV kan sit nie?!

Watter eienskappe van jouself sal jy graag in Ena en Frankie [sy seun uit sy huwelik met die aktrise Susan Coetzer] wil sien?
Daar’s altyd ’n ou silwer randjie êrens.

*Lees die res van die onderhoud met Frank Opperman in die Mei-uitgawe van SARIE.