Ons praat met

Frank Rautenbach wys sy trou-, familie en modelfoto’s

In die Oktober 2010-uitgawe van SARIE gesels Frank oor sy nuwe fliek The Bang-Bang Club en sy lewe in Los Angeles.

Jou loopbaan het met modelwerk en TV-advertensies begin?
Op skool het ek vir ‘n modelkompetisie ingeskryf omdat die wenprys geld was en ek ‘n branderplank wou hê. Ek was tweede, maar my ma het gesê ek moenie opgee nie, met modelgeld sal ek eendag my studie kan betaal. Sy was reg. Ek wou eers net tydskrifadvertensies doen, maar toe lei dit na so dertig TV-advertensies, soos vir Mentos-pepermente, Snickers en Mercedes-Benz, wat wêreldwyd uitgesaai is. In SA was ek die bekendste vir ‘n Spur-advertensie.

Hoe was die ervaring as Tiaan in 7de Laan?
Ek is ewig dankbaar daarvoor. Ek het geleer hoe om my talent te dissiplineer, soos om betyds te wees vir werk, reeds in die karakter te wees wanneer ek by die werk aankom en my woorde te ken. Ek het ook geleer om al die skoenlappers in my maag in formasie te laat vlieg! In hierdie beroep is talent nie genoeg nie. Daarna het ek my droom om in films te speel gaan najaag.

Was dit nie erg om jou sekerheid prys te gee vir die onseker lewe in Hollywood nie?

Ek weet ek neem ‘n berekende risiko, want niemand in Hollywood het jou nodig nie, daar is duisende akteurs. Maar ek sou ook nie kon leef met die wete dat ek nie probeer het nie.

Frank wys sy gunsteling-foto’s

Frank as model vir First Option Models
Frank as ‘n model vir First Option
Models
in Groenpunt.
Ons troudag: Ek en Leigh het op 24
Februarie 1996 die knoop deurgehak.
Frank en sy familie Die akteurs van The Bang-Bang Club
My pa, Johann, ‘n mediese dokter,
en my ma, Mickey, met my suster Lizl.
Links is JP (5) en regs Johann (7).
Ek (2) staan voor.
Ek en die drie akteurs wat fotograwe
in The Bang-Bang Club speel: Van links
is ek, Neels van Jaarsveld, Taylor Kitsch
en Ryan Phillippe
  • Snoeks

    Hoe oud is die pragtige man dan? Hy is soos Brad Pitt – Word net mooier met die jare…!!!

  • Margaret Voigts

    Sag op die oog . . .

  • Mooi bly Mooi. Snoeks ek stem hy is defnitief ons eie Brad Pitt.

  • swO55y fqgqkxtslztr, [url=http://ellixungtkiu.com/]ellixungtkiu[/url], [link=http://bkscoiqnazwz.com/]bkscoiqnazwz[/link], http://zedvwgqldxuz.com/