zolani_beauty_copy
Ons praat met

Freshlyground se Zolani gas-beoordelaar op Idols – sy vertel

Hoe het dit gebeur dat jy as gas-beoordelaar gekies is?
Ek weet nie regtig nie. Iemand van Idols het na ons kantoor toe gebel en gevra of ek dit sal doen. Dis dalk omdat ek aktief is in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Wat gaan ‘n deelnemer laat uitstaan?
Ek dink passie en talent is belangrik. Ek hoop ek gaan weet wat ‘dit’ is as ek ‘dit’ sien.

Is jy ‘n Idols-aanhanger?
Ek het nie ‘n TV nie, so ek’t nog nie eintlik na Idols gekyk nie. Ek is seker ek sou mal gewees het daaroor as ek dit kon kyk. Ek dink dis goed ek het nog nie Idols gevolg het nie. Nou sal ek met ‘n vars oog na die deelnemers kan kyk.

Hoe voel jy oor sangkompetisies?
Dit bied ‘n geleentheid vir baie mense wat daarvan droom om te sing om hul droom ‘n werklikheid te maak. Hulle kan geluk aan hulle kant kry deur ‘n kompetisie soos Idols te wen.

As jy nie ‘n bekende sanger was nie, sou jy aan Idols deelneem?
Nee! Ek sal te bang wees. Ek dink mense wat aan Idols deelneem is baie braaf.

Hoekom het jy besluit om deel te wees van die SHOUT SA-veldtog?
Ek dink die polisiediens kan doen met soveel hulp as moontlik. Ek glo ons as gemeenskap is verplig om te streef na ‘n vry Suid-Afrika.

Wat is FreshlyGround se toekomsplanne?
Ons het sopas ons vierde CD, Radio Africa, opgeneem. Dit word op 1 Mei vrygestel. Ons beplan om dit oor die land en wêreld heen te bemark. Ons langtermynplan is om die wêreld bietjie vir bietjie oor te neem!