FOTO: M-Net

FOTO: M-Net

Ons praat met

Gaan Patricia Lewis weer professioneel sing?

Patricia Lewis is die blonde pop-prinses met die kurwes. In die TV-werklikheidsreeks Celebrity MasterChef SA is haar lang naels kortgeknip en die mikrofoon vir ’n kapmes verruil. Sy was boonop een van die twee laaste deelnemers – en dit sonder dat ’n enkele haar ooit uit plek was. Selfs al maak sy wawiele op stel … 

SARIE-joernalis Lydia van der Merwe het in die Mei-uitgawe van SARIE met Patricia gesels. Een van die vrae was of Patricia ooit weer professioneel wil sing. Patricia antwoord:

“Ek wil. Ek mis dit. Nie doef-doef-musiek nie, maar blues, chill-musiek, laid-back. Ek is te oud om op die verhoog rond te spring en my hare te swaai. En ja, ek kry gereeld aanbie- dinge van vervaardigers. Maar om weer te begin toer en my gesin te verwaarloos, nee. In die twaalf jaar dat ek en Mark getroud is, het ons net vier aande apart geslaap, toe sy pa op sy sterfbed was. En natuurlik die maand wat ek met MasterChef doenig was. Mark het net ja gesê omdat hy gedink het ek gaan binne drie dae ’n gereg verbrand en terugkom huis toe! Hy het destyds sy loopbaan in die IT-bedryf opgegee om saam met my te toer. Hy dra my en Max op die hande. Ons is die belangrikste mense in mekaar se lewe.”

Mark, Patricia en Max FOTO: Facebook

Mark, Patricia en Max
FOTO: Facebook

patricia_lewis

Lees die volledige onderhoud in die Mei-uitgawe van SARIE – dié uitgawe is ongelukkig nie meer op die rak nie, maar kan HIER afgelaai word.

In die Junie-uitgawe (nou op die rak!) van SARIE gesels ons met:

  • Anel Alexander
  • Ivan Zimmermann
  • Koos van der Merwe
  • Erica Wessels
  • Jak de Priester
  • Heinz Winckler
  • Joshua na die Reën en
  • Karlien van Jaarsveld

Karlien van Jaarsveld junie jun 2015