Ons praat met

Foto-galery: Drama in die Dewani-moordsaak

“Ken jy iemand wat ‘n vlieg van die muur af kan haal?” Dié vraag is glo deur Shrien Dewani, die man van die vermoorde toeris Anni Dewani, die aand voor die moord by die Cape Grace-hotel aan Zola Tonga, hul taxibestuurder, gevra, berig Nuus24.

Shrien is deur Tonga uitgewys as ‘n medepligtige aan die moord.

Nuus24 het uit die hof verneem Tonga het getuig Shrien het hom en sy twee medebeskuldigdes gevra om ‘n kaping na te boots en sy vrou te vermoor. Hofgangers het by die aanhoor van dié getuienis na hul asems gesnak.

Lees die volle berig op Nuus24 en kyk na die foto-galery van die hofverrigtinge wat wêreldwyd opslae maak.

OP DIE FOTO: Anni Dewani se pa, Vinod Hindocha (Foto geneem deur Lihle Jacobs, News24)

Anni Dewani se pa, Vinod Hindocha

  • Edna

    Van dag een af was my vermoede toe die grusame nuus bekend gemaak is dat haar man dit laat doen het vir geld . die omstandighede en verskonings het net een voudig nie logies sin gemaak nie. Hys n monster , n tiran niks beter as n genadelose krimineel nie…..

  • lettie

    hoe is dit moontlik dat so persoon deel van die menslike spesie kan wees, wat het van mense sulke hartelose wesens gemaak, nes mens dink jy alles gesien en gehoor dan dink die mens weer iets erger uit, is ons nou terug in die oertyd

  • Hyla

    Stem saam… alles het net mooi reg uitgewerk want SA is mos ‘die’ plek as jy iemand wil van kant maak of vermoor wil word!! Hoe wreed is dit nie – Shrien moet gestraf word en ook so die wat hom gehelp het met die siek daad wat hulle gepleeg het.. R16 000? is dit wat mens se lewe deesdae werd is maar weereens dis SAfrika hrdi en mense is al vermoor vir n cellfoon of sommige gevalle vir niks! Ek voel naar…….

  • nella

    Is dit nie hartseer dat so ‘n mooi vrou sulke onreg aangedoen moes word nie?
    Wys jou net in ons land is lewens niks werd nie!!