img_3362_web
Ons praat met

Gelukbringer-hangertjies

In Europa is dun silwer-hangertjies met ‘n gelukbringertjie dié moet-hê styl-tendens. En nou’s dié trend by ons ook groot! Terwyl ek besig was om die winkels te fynkam (soos elke maand) vir mooi goed vir ons voorbladsessie het ek op dié oulike hangertjie afgekom by een van my gunsteling-winkels in een van my gunsteling-winkelsentrums: Wizzards (011 325 5728) in Hyde Park Corner. Is sy nie te oulik nie!

 

Die koppie, nek, arms en gewriggies het piepklein skakels wat haar laat beweeg, en sy het wraggies ‘n lapromp aan, nes ‘n regte pop! Die vraag is natuurlik: Wat maak jy nou met haar as jy haar het? Dís baie maklik! Jy dra dit by ‘n eenvoudige frokkie-bostuk of tenktop by jou gunsteling-jeans en die hoogste hakskoene in jou kas! Ek love, love, love dié look! – Fanie Cronjé