gerhardsteyn
Ons praat met

Gerhard Steyn se moeilike grootwordjare

Op  die verhoog is Gerhard Steyn pure popster. Met sy kitaar in sy hand en sy blonde hare punt in die wind het hy die gehoor in die holte van sy hand. Hulle sing ewe hard saam aan “Pennies en ponde”, “Diamante vir jou”, “Sexy vere” en daardie treffer wat hom sowat vier jaar gelede op die map gesit het: “Baby Tjoklits”.

Op die oog af lyk Gerhard soos ’n man wat oornag sterstatus behaal het met dié sokkiejol-saamsingliedjie. Die een oomblik het hy nog “Baby, ek like jou soos jy is . . .” in kroeë en om braaivleisvure gesing.

Die volgende oomblik het Gerhard Steyn gearriveer. Breekbaar, die sogenaamde Baby Tjoklits-CD, het platinumstatus (meer as 40 000 verkope) bereik en klim steeds die verkope-leer. Tien van harte, sy nuutste CD, wat in Julie verlede jaar bekend gestel is, het binne ’n maand goue status (meer as 20 000 verkope) bereik. Sy duet-CD Tydloos, saam met Richard van der Westhuizen, is nou op die rak.

Maar lank voordat hy sukses begin smaak het, moes Gerhard ’n donker verdwaalpad stap met ’n pa wat alles met sy vuiste wou regmaak.

Gerhard se eie eerste vuisgeveg was in graad vier. Hy het nie eers geweet hoekom die outjie hom geslaan het nie en het weggestap, maar daarna sê Gerhard het hy besluit as hy weer in so ’n situasie beland, gaan hy nie terugstaan nie.

Hy het al ’n paar keer erken hy was ’n rebel toe hy jonk was. In die begin van ons onderhoud raak-raak hy aan sy moeilike grootwordjare in Benoni, maar dis eers heelwat later dat hy sê: “Jy’s nie ewe skielik sonder rede ’n outlaw nie. Jy rebelleer teen iéts.”

Hy vertel verder dat musiek ’n uitlaatklep was. “Ek het my gevoelens uitgedruk deur liedjies te skryf. Eers depressiewes. Hoe meer ek geskryf het, hoe beter het ek gevoel – tot op ’n dag dat ek happy thoughts neergepen het en ’n liedjie soos “Baby Tjoklits” kon skryf. Dit was ’n genesingsproses.”

* In die openhartige onderhoud in die Februarie-uitgawe van SARIE (vanaf Maandag 16 Februarie 2012 op die rakke) vertel Gerhard verder oor sy moeilike verhouding met sy pa, sy selfmoordpogings, en hoe sy ma nou oor sy sukses voel.

  • Carina John

    Ons gesin is mal oor Gerhard Steyn se musiek en wens hom alles wat mooi is toe vir die toekoms. Ons hou ook baie van sy nuwe CD saam met Richard van der Westhuizen. Hulle vul mekaar baie mooi aan. Groete die John familie van Durbanville

  • aanhanger

    ek is dol oor sy musiek en is bly hy het sy moeilike tye oorkom!

  • francis herselman

    ja,so hhet elke ou sy probleme,ek is so bly dat sy lewe goed uit gedraai het,hy kan so baie deur sy musiek bereik,en ander mense help.sterkte Gerrit,wie het gese die lewe is virsussies,ons kry krag van BO,mooi loop

  • Anna-Mari Meiring

    EK is baie gek oor Gerhard Steyn, is baie bly dat hy oor sy moeilike tye kon praat.By God is niks ontmoontlik nie. Gerhard sterkte vir die pad vorentoe.

  • Martie

    Gerhard is uber uber sexy en daai pragtige stem van hom! So bly hy id deur die donker tyd

  • Jenny

    Foeitog! Hoop jy slaag in jou doel met die, nl. dat jy sommer baie cd’s sal verkoop. Ek het net so ‘n moeilike tyd agter my maasr niemand gee om nie!

  • Antonette

    Hi Gerhard

    Jy moet net moed hou … alles sal nog regkom. Jy moet net bly glo in Hom, sonder Hom kan jy niks te bowe kom nie.

    Ek is mal oor jou musiek

  • Lorraine

    Ek het nie die rubriek gelees oor Gerhard se moeilike jare nie. Ek dink enige moeilike tye maak van ‘n mens ‘n baie beter mens. Dit is soos ‘n leerskool waardeur jy gaan. ‘n Mens moet net altyd dink jy is nie die eerste, die laaste of die enigste een met moeilike tye nie. ‘n Mens vergewe maar vergeet nooit nie. Die beste raad is kyk altyd op na Bo, wees dankbaar en maak die beste van jou lewe. ‘n Besluit berus net by jouself, verkeerdes kan jou swaar te staan kom maar om regte besluite te neem bring jou bo. Om te praat oor jou probleme en altyd eerlik te wees dra ook daartoe by dat jy sukses behaal. Lewe voluit, wees dankbaar en nederig en moenie gaan lê nie. Mooi so Gerhard moenie afwyk van die goeie nie. Kyk op na Bo en vergewe die mense wat jou te na gekom het. In daardie mense se plek het ‘n hele nuwe lewe vir jou oppgegaan met net die hoogste sporte wat wink. My eie lewe het ook baie sleg verloop maar ek kyk nie terug nie. Wees ‘n aangepaste mens wat voluit lewe en die lewe in die oê kan kyk. Dit sal met jou goed gaan en jy sal ‘n sukses maak. Glo in jouself en glo ook in ander. Mooi so!!!!

  • Leonora Engelbrecht

    Weet net dit, niks is onmoontlik by God.Vat God se hand en stap saam met hom die pad vorentoe.Onthou altyd die duiwel gebruik jou verlede om jou lewe te verwoes,maar God is jou toekoms.

  • RINA

    EK HOU BAIE VAN SY MUSIEK HY ROCK

  • charlotte

    ek kan my voorstel hoe jy moes voel, maar moet nog steeds ie op jou laat trap nie, jy is stunning hierdie ou tannie dink so groete hier van mosselbaai mal oor jou

  • Wilna

    Gerhard se musiek spreek met ‘n mens en het ‘n lekker beat!
    Hou so aan en ons bid dat jy net die mooi en lekker sal ervaar van jou sukses, jy verdien dit.

    Baie liefde
    Wilna Griebenow

  • Tertia

    Ek het ook moeilike grootword-jare beleef….en oudword is soms nog moeiliker.
    Ja, so doen wat jy doen. Vasbyt en glo.
    Mag dit met jou verder fantasties goed gaan. God bless !

  • Elize

    ek wil net vir Gerhard sê om vir jouself te werk is nie ‘n grap nie, jy moet self die mas opkom. Ek het simpatie met jou, ons dank die Vader dat Hy jou uit die gat uit gehaal het. Gebede verander baie situasies. Ek is bly jy doen nou goed in jou sang loopbaan

  • C

    Aan Gerhard wil ek net se dit is wonderlik dat jy gekies het om bo alles uit te styf. Baie van ons het moeilike of seer tye in ons lewens gehad. Ek voel egter mens kan kies of dit jou gaan vernietig en jy die "oulaw" gaan bly en of jy bo dit gaan uitstyg en goeds maak van baie hartseer.
    Daar is wel mense wat alles wat hulle verkeerd doen blameer op seerkry en swaarkry en dit is dan wat ek voel, in so ‘n geval glo ek daar is nie iemand wat nie seergekry het nie, meeste mense verkies net om nie die verlede te blameer en verkeerd daardeur te probeer reg praat nie.
    Well done Gerhard…!

  • Eureka

    Gerhard, ek dink jy is stunning – sal net daarvan hou om te weet waar jy altyd optree….sal nie ‘n vertoning wil mis nie.

  • Frances

    Gerhard, jy is ‘n idol vir baie, soos jy sê jy is maar net ‘n mens en mense maak foute, maar jy is groot genoeg om te erken as jy foute maak en ek haal my hoed vir jou af. Jy is stunning. Kan nie wag om nog nuwe liedtjies van jou te hoor nie. Sterkte vir die pad vorentoe en alle seën vir jou.

    Groete Frances