sr1202_gerhard_steyn_2_
Ons praat met

Gerhard Steyn verklap ‘n geheim, antwoord lesersvrae

Uittreksel uit die onderhoud:

So jy beskou jouself as ’n rolmodel?
My loopbaan is my roeping. Ek weet die Here het my hier geplaas om ’n ander rede as om net “Baby Tjoklits” te sing. Ek hoop mense is eerder oop vir ’n boodskap: Daar is geen verskoning om nie suksesvol te wees omdat jou pa nie suksesvol was nie. My lewe was ’n gemors, maar jy hoef nie in ’n swart gat te bly nie. Ek word elke dag wakker en sê vir myself ek gaan nie dieselfde mens as my pa wees nie. Ek gáán suksesvol wees.

Waarmee hou jy jou besig wanneer jy nie op die verhoog is nie?
Ek versamel antieke meubels. Ek is mal daaroor om na iets te kyk wat oud is en te wonder wat die storie daaragter is. Ek is ook gek na avontuursport. Ek wou begin vanjaar Kilimandjaro uitgeklim het, maar dit gaan nog maande neem vir my knie om te herstel.

ONS LESERS VRA


Alga Taljaard van Pretoria
Wat is die grootste les wat jy eendag vir jou kinders sal wil leer?

G: Weet dat elke besluit in jou lewe belangrik is.

Carine Kruger van Springs
Het jy ooit gedink “eendag wil ek net so groot wees soos . . .”?

G: Ek het opgekyk na internasionale kunstenaars soos Bryan Adams. Ek was by een van sy shows in Suid-Afrika en dit was wow! Hy sal altyd deur sy musiek leef.

Liezl O’Kelly van Johannesburg
Watter ander beroep sal jy oorweeg?

G: Renjaer. Ons mans het nou maar eenmaal ’n liefde vir metaal en ’n enjin wat klop.

  • Juanita

    Ek het jou die eerste keer sien optree in Desember by die Bushlapa naby George en toe ons vir jou vra vir ‘n foto, het jy geantwoord "Ag, ek is net ‘n gewone ou". Jy is plat op die aarde, nederig en ‘n kind van God en ek het baie waardering vir jou. Jy het geskuif na top van my lys van gunsteling kunstenaars.

  • sanet

    Gerhard, jy het een van die geliefkoosde kunstenaars geword. Jy het opgestaan, maak nie saak wat jou verlede was nie en leef jou getuienis ten volle uit. Ek as ouer van ‘n seun wat die pad heeltemal byster geraak het omdat hy sy verlede die rede daarvoor gee, wil vandag vir jou se, bou voort op jou toekoms. Strek jou uit na dit wat vir jou voorle en vergeet die dinge wat agter jou is . Dit is keuses wat net jy in die lewe kan maak, niemand kan vir jou besluit wat om waar en wanneer te doen nie. Jy’s ‘n ster.

  • Michelle

    Ek beny jou absoluut vir jou deursettings vermoe om na moeilike grootword jare die lewe vir jouself aangenaam te maak. Jy is nie net een van SA se gunstelinge nie, maar ‘n lewende bewys van mens KAN as jy WIL. En die besluit wat jy al op skool gemaak het om nooit weer vir iets of iemand terug te staan nie – daai was die beste besluit ooit en dis die rede vir jou ster status. Net soos jy die skare in die holte van jou hand hou met elke optrede so hou God jou in die holte van Sy hand nie net met optredes nie maar elke dag. Jy is ‘n wonderlike mens Gerhard en ek,,,,, ek is mal oor jou en al jou liedjies.