Leandie du Randt by die première van Pad na jou hart
FOTO: Phyllis Green

Leandie du Randt by die première van Pad na jou hart FOTO: Phyllis Green

Ons praat met

Getroud met rugby-ster skryf boek – “ek wil ’n verskil maak”

Die Getroud met rugby-aktrise Leandie du Randt is besiger as ooit – sy het drie flieks onderweg en het boonop ook haar talent as skrywer ’n tree verder geneem …

Leandie se boek, Gemaklik in jou vel, word op 4 Junie uitgereik. Dis in Engels én Afrikaans beskikbaar en geskryf vir tienermeisies.

“Ek wil so graag hê alle tienermeisies moet die boek lees. Ek wil ’n verskil in hul lewens maak,” sê sy.

Leandie hoop om tienermeisies se lewens te verander met haar boek FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Leandie hoop om tienermeisies se lewens te verander met haar boek
FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Nie net is Leandie tans in Die windpomp te sien nie, sy gaan ook in drie nuwe rolprente wees.

Die windpomp se Etienne Fourie – 26 en hy skryf én regisseer sy eie fliek

SARIE.com leer Armand Greyling beter ken

Leandi het pas klaar geskiet aan Mooirivier, wat Februarie 2015 op die grootskerm begin draai en werk tans in Durbanville aan Hollywood in my huis, ‘n tienerfliek wat in Oktober uitgereik word.

Agter die skerms van Mooirivier

Op die stel van die tienerfliek Hollywood in my huis  FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Op die stel van die tienerfliek Hollywood in my huis
FOTO: Instagram (@leandiedurandt)

Daarna gaan sy in Stellenbosch werk aan die nuwe fliek Strikdas, ‘n romantiese komedie. Sy skiet ook binnekort aan die kykNET-reeks Kloofstraat.

“Dinge is lekker bedrywig maar ek geniet elke oomblik!”