Ons praat met

Gewonder hoe dit met Charlene Truter gaan?

Die sangeres Charlene Truter, wat ook bekendheid as aanbieder van die TV-program Pasella verwerf het, skryf uit Duitsland ná ‘n konsert-toer in Europa.

Hallo Vriende,
Baie dankie aan almal vir die goeie wense.

Die vertonings was almal baie suksesvol. Selfs die aanvanklike een in Den Haag waar die getalle van die gehoor maar wankelrig begin het, was ‘n wonderlike ervaring.

Hamburg was fantasties. Ek dink nie ek het al ooit soveel encores in een vertoning gegee nie. Bielefeld is goed bygewoon en die vertoning in die kapel in Torre San Marco (dateer uit 1825) absoluut betowerend. As ‘n mens die Italianers se voete onder hulle kan uitsing, reken ek kan jy goed voel. Volgende jaar doen ek ‘n vertoning saam met die koor. Die koorleier en ek het met handgebare en gebroke Engels/Italiaans so afgespreek.

Ek is vir die volgende drie weke in SA en pak dan weer die kontinent in die herfs (Europese tyd) aan.

Groete,
Charlene Truter

* Word ‘n fan van Charlene op Facebook

* Besoek haar webblad by www.charlenetruter.com vir foto’s van die vertonings