mg_1384
Ons praat met

Goue Charlize: sarie.com is eksklusief op stel

Daar’s ’n goue draad deur Charlize Theron se lewe. Sy’s ons goue meisie van Benoni, wat in 2004 die goue Oscar-beeldjie verower het vir haar hoofrol in Monster, en sy is al ses jaar lank die gesig van Christian Dior se “goue” parfuum, J’adore.

Dié parfuum, wêreldwyd Dior se gewildste, is nou tien jaar oud. John Galliano, kunsdirekteur van Dior en van die J’adore-veldtog, het Charlize om ’n goeie (gulde) rede gekies. Soos Galliano dit stel: “Goud is ’n mitiese kleur, dis sinoniem met Dior. Met haar natuurlike goue hare is Charlize die nuwe Marilyn (Monroe) van die 21ste eeu. Sy vergestalt die Hollywood-droom beter as enigiemand anders.

En hiermee moet jy saamstem as jy na hierdie agter-die-skerms-foto’s kyk!

Die haute couture-rok is ontwerp deur John Galliano en is gemaak van deursigtige tulle wat met pêrels, goue buisies en blinkers geborduur is – ‘n ongelooflike 300 uur se handewerk!

Inez van Lamsweerde en Vinoodh Matadin, twee top modefotograwe wat in New York woon en werk, was albei op stel.

* Kry die Januarie-uitgawe van SARIE vir splinternuwe foto’s van Charlize – ‘n eksklusief vir Suid-Afrika.

SARIE Januarie 2010

Lees ook die onderhoud met Charlize, waarin sy ook haar gunstelinge verklap het:

HAAR GUNSTELING

Plek: Bora Bora

Ontsnap-ruimte: My tuin

Boek: The Road deur Cormac McCarthy 

Kuns: Enigiets deur Kandinsky

Optrede: Dans was my eerste liefde, en ek geniet ballet steeds baie. Swanemeer sal altyd ’n persoonlike gunsteling wees.

Woord: Vrede

 

Sensualiteit lê in selfvertroue.
    Wanneer jy selfvertroue
  uitstraal, kan jy enigiemand
           verlei”
– Charlize

 


  • Lynette

    Mens se hart swel van trots oor ons goue meisie, maar ek was tog hartseer dat sy nie één woord Afrikaans gepraat het tydens die loting van die Wêreldbeker-sokkertoernooi nie. Selfs as sy net "Welkom almal" gesê het soos ek meer oortuig gewees het dié Afrikaanse nooi is trots Suid-Afrikaans. Niemand het verwag sy moet al 11 landstale magtig wees nie, maar sy is after all Afrikááns.

  • Herman

    Beautiful, beautiful Charlize.

  • Rita

    Charlize is beeldskoon en altyd ‘n wonderlike ambassadeur vir ons land!!! Mooi so Charlize!!!

  • Tia-marié Wheeler

    Dis alles plastiek, buite is daar lewe, vol smart en ongeluk. Ja sy is pragtig, maar haar nie eens met SA koppel nie, sy is nie in SA nie.

  • Lodewyk

    Shame, sy’s aandag soekerig wat gat kruip om die kalklig te steel. Haar kennis van sokker is maar gebrekkig en sy het die loting bederf.

    Kamstig SA maar sy weier om Afrikaans te praat, ek meen mense mag haar nie afneem as sy kamstig besig is met liefdadigheid nie………sy gaan nog harder val as Woods eendag………

  • http://www.harcourts.co.za Madeleine

    Lewe en laat lewe…

  • Elize

    charlize is net ongelooflik mooi – neem haar af uit enige hoek en sy bly net beeldskoon en pragtig! Soos een persoon opmerk:
    Charlize is mooier as ‘n mens!

  • René Scholtz

    Ek stem saam met Tia-marié en Lodewyk. Charlize wil die kalklig hier kom steel. Kan nie eers meer ordentlik Afrikaans praat en waarvoor moes sy die loting bywoon. Waarom kon een van ons eie pragtige meisies hier in ons land wat ordentlik Afrikaans kan praat dit nie doen nie? Wat is verkeerd met Tammy Fortuin en vele meer. Ag nee, sy is seker nog betaal ook vir die moeite. Sy gaan nog val. Ons mense moet leer om nederig te bly en ons eie produkte wat hier is en hier bly op die hande te dra. Geen mens is ‘n afgod nie.

  • Toitjie

    Laat sy oes in die buiteland, war sou sy hier kon doen? Sy is te bleek om in n S.A. rolprentn rol te kry. Sterkte Charlise

  • Hes

    Ek kry haar eintlik jammer. Sy hardloop oral vir geluk. Sy is egter gesëen met ‘n pragtige uitelike. Hoop maar net sy is gelukkig in haar hart!!

  • Sandra Viljoen

    Na al Charlize se swaarkry as kind, gun ek haar die sukses! Sy bekoor ons met haar sjarmante persoonlikheid en maak ons trots dat sy ‘n Suid-Afrikaner is. Wat maak dit saak waar sy bly of watter taal sy praat?

  • BETS BOTHMA

    Charlize is pragtig EN Afrikaans! Ek bewonder haar vir haar deursettings-
    vermoee EN dat sy haar horisonne verbreed het EN dit bereik het wat sy wou in die lewe EN ek glo haar waardes behou, want ‘n mens lees niks swak van haar nie en boonop is sy geseend met skoonheid. Ek glo sy sal haar wortels onthou, ons SA volkie gun mekaar mos nie baie in die lewe nie!

  • Lannah

    Ja, sy is aandag soekerig en dink almal swig voor haar sjarme, se graag "Ek is maar net ‘n boeremeisie" maar sy praat nooit Afrikaans nie!

  • Johan Gerber

    Lodewyk jy is sommer jaloers en het n probleem met die lewe. Die vrou is n voorbeeld vir elke Suid Afrikaner en n onglooflike ambassadeur vir ons land. Tipiese Suid afrikaanse kommentaar wat deur jou gelewer word en ek wonder wat jy al bereik het om jou mond so uit te spoel.

  • Chanyah

    Charlize dink niks van SA en sy mense ek bly jare in Amerika en het al baie gehoor hoe neerhalend sy van SA is. Die enigste SA Hollywood ster wat SAkaner in murg en been is is Arnold hy praat net goed van sy land en mense nie iets wat mens van Charlize kan se sy praat die mooie land en sy manne maar sleg…na 30 jaar kan die meeste expats nog baie goed Afrikaans praat en sommige selfs sonder die American accent wat tog so aangeplak is..van ons kinders kan nie Afrikaans lees en skrywe maar hulle kan dit praat hoekom nie sy wat in Benoni op die plaas groot geword het nie…

  • Sophie Schrenk

    Moenie so naar wees nie, sy het uitgestyg uit haar tragiese omstandighede. Wens meer mense wat in sulke omstandihede was kan so ‘n sukses van hulle lewens maak, dis so maklik om slagoffer te skree en die werel te blameer, mooi so girl u go….

  • Joseph

    Julle net jaloers op Charlize op dit wat sy bereik het. Vir wat moet sy afrikaans praat? Ek is afrikaanssprekend. Die loting was ook na ander lande uitgesaai. En almal verstaan Engels. Word groot mense.

  • Nicolene van Zyl

    ‘n Afrikaanse persoon wat deur geboorte of afstamming, moet sy Moedertaal eerbieding en laat voortlewe in die nageslagte. Dit is ‘n vereiste van die Afrikaanse volkstam. Indien ‘n Afrikaner nie meer woonagtig is in sy Moederland nie en terugkeer, word daar verwag tot ‘n sekere mate, om sy/haar taal weer eens met trots sal gebruik, ongeag die hoogtes wat bereik is.

  • marinda

    kan almal net asb ophou oor die bohaai met Charlize, sys al lankal nie meer suid afrikaans nie. Daar is soveel ander goed om op trots te wees as iemand wat die land verlaat het

  • http://sarie.com Madeleine

    Lodewyk, ek stem volkome saam met jou. En daardie aangeplakte Amerikaanse aksent, dis om van naar te word.
    Rita, in watter opsig is sy n ambassadeur vir SA?? Sy kan dan kamtig nie eens meer Afrikaans praat nie, seker benede haar. En ja, sy was maar pateties met haar presentasie tydens die loting van die sokker nou die aand.

  • lizette

    Wat daarvan as sy nie meer in SA is nie????? Niemand het haar raakgesien toe sy wel hier was nie. Noudat sy naam gemaak het WêRELDWYD nou’t almal ‘n eier te lê! Buitendien is daar tonne meer geld waar sy nou is. Wie gaan haar dit gee hier in SA?

  • Magamore

    Charlize se omstandighede mag dalk tragies wees maar daar is baie ander mense wat deur dieslfde of groter tragedies gewerk het. Sy het gekies en is nie meer ‘n Suyid-Afrikaner nie! Ek stem saam daar is baie ander mooi meisies of persoene wat SA kon verteenwoordig. Sy is ‘n voorbeeld vir niemand. Hoe lank gaan sy nof saam bly voor sy trou?
    Laat sy teruggaan Amerika toe daar waar sy in elk geval niks vir SA of sy mense voel nie. Sy duik maar net daar op waar dit haar loopbaan kan bevorder!

  • Elizabeth

    Ek verstaan dit nie dat daar so baie Suid-Afrikaners is wat niemand ‘n plek in die son gun nie en so ontsettend afgunstig kan wees nie. Het julle enige idee hoe die jong kinders in ons land na haar opsien en wel weer hoop kry dat daar ‘n lewe is buite SA siende dat ons blankes, veral ons seuns so sukkel om werk te kry? Jinne tog dan noem ons onsself ‘n Christen volk en daar kom sulke goed by die monde uit!! Wat die hart van vol is loop die mond van oor….. Begin geluk in jouself vind dan sal jy vind dat jy ander ook geluk sal gun. Ek is nie in besonder ‘n Charlize, die aktrise fan nie maar ek dink sy verdien waarvoor sy gewerk het! Hoe weet die van julle wat haar so kritiseer oor die sokker goete dat sy nie gevra is om dit te doen nie – julle laat dit klink asof sy uit haar eie aangebied het. Miskien is sy gevra om net Engels te praat!!
    Ek dink nie sy het die sokker nodig om publisiteit te kry nie!

  • Julie

    Ek het lank in ‘n vreemde land met ‘n vreemde taal gebly. Ek’t hulle taal geleer maar het ongelukkig niemand gehad om mee Afrikaans te praat nie. Die gevolg? Toe ek terugkeer na SA kon ek met moeite en ‘n swaar aksent Akrikaans praat. Na ‘n paar jaar is als weer terug na normaal maar nie vir een oomlik het dit my minder Akrikaans gemaak nie! Sy het haar eie sukses gemaak, hoef aan NIEMAND te verduidelik nie en lyk vir my na iemand wat die lewe voluit geniet met hoe morele waardes – ek wonder of die mense wat so lelik van iemand praat (wat hulle nog nooit ontmoet het nie) se lewens spierwit is?

  • louis

    Swaar kry as kind is dit in n hof bewys of is dit deur haar en haar ander familie opgemaak vir geldelike gewin.
    Sy gaan ook nog n runnawy come back word as dit sleg gaan dan is SA weer daar om na hulle om tesien
    Hou haar maar oorsee ons het baie mooier meisies as sy

  • Johans

    Hi mense:tipes ons AFRIKAANSSPREKENDE BLANKES!!Moet ons altyd iets negatiefs teenoor iemand sê.Ons lewer te maklik NEGATIEWE KOMMENTAAR hetsy oor sport of persone.

  • Ronel

    Charlize het geen morele standaarde nie. Eks bly sy hou haar neus in die lug vir ons suid afrikaners. Ons is in elk geval beter as dit. Syt baie prysgegee vir fame and fortune. Hoop dit bring vir haar iets. Sukkel om te sien waar haar mooigeid is…

  • Lodewyk

    Dankie tog hier is oop mense wat met my saamstem oor Theron en ook regdeur haar kyk………..die ander wat haar ophemel het ook maar ‘n vervelige lewe want hulle ly aan tonnelvissie……..

    Verwar haar seker met Drew en kie…………

  • Johann van Niekerk

    she’s got the looks!
    sy is great!
    en dan sal daar moes ‘n klomp wees wat jaloers is.

  • Helene du Toit

    Charlize is pragtig – gun haar die son wat op almal van ons skyn. Oor haar aksent: ouens wat daaroor kla is gewoonlik die eerste om vir aksente wat Afrikaans of Zoeloe of Duits klink, te lag of daarop neer te sien. Sy is waar sy is deur harde werk!

  • Jeanette

    Ek woon al 25 jaar in die buiteland. Het die eerste 15 jaar ook niemand gehad om mee Afrikaans te praat nie, maar kan met trots sê ek praat nog steeds Afrikaans – mense kan julle lees? Ek lees Afrikaans om op hoogte van sake te bly oor wat in my moederland aangaan.
    Graag wil ek weet waar Charlize se morele standaarde is wat almal so besing en alhoewel sy pragtig lyk nadat die grimeerkunstenaars met haar klaar is – sal niemand haar herken daarsonder nie!
    Die meisiekind het hard gewerk om te kom waar sy is – gee haar maar haar ou plekkie in die son!

  • Lindie

    Ja, Charlize is ‘n pragtige "morele" voorbeeld- dan wil ek nie weet wat jou morele kompas is nie!!! Ons samelewing is vrot, en die sogenaamde ikone van vandag nie juis iets navolgens waardig nie.

  • Carin

    Hierdie mense wat so gal braak oor ‘n pragtige vrou van Suid Afrika moet hul koppe in skaamte laat sak maar dit is tipes van ons Suid Afrikaners kan tog nie sien dat die son oor ‘n ander skyn nie. Sy is pragtig en sy is ‘n Suid Afrikaner en sal altyd een bly, en die meerderheid mense is trots op haar so basta met die galbrakers hulle is afgunstig en selfsugtig want hulle het seker nog nooit iets in hulle lewens bereik nie. So what as sy nie meer Afrikaans praat nie dit maak nie van haar ‘n slegte mens nie, kom tog by julle ou verkronke afrikaners leef saam met die tyd wie is in elk geval nog trots op Suid Afrika met alles wat hier aangaan sy het ten minste ‘n sukses van haar lewe gaan maak en nie sit en verrot in ‘n land waar geen geleenthede is nie. Go girl go jy is fantasties en ‘n aansporing vir almal.

  • Nelia

    Stem saam met Julie is hierdie mense wat so lelik van Charlize praat se lewens skitter wit. Nee ek glo nie want hier maak hulle dit reeds vuil met sulke lelike kommentaar oor iemand wat iets in die lewe bereik het. Ag nee wat mense gun die son oor haar en as julle nie van haar hou nie maak dit nie saak nie daar is duisende wat van haar hou maar hou julle lelike opmerkings vir julle self dit is lelik om jaloers te wees of sulke lelike goed oor iemand te sê of dit nou Charlize is of jou bure of kolegas dit maak nie saak nie. Sies skaam julle as ek nie iets mooi’s oor iemand kan se nie dan hou ek my mond. Mooi Charlize gaan net so voort jy is pragtig en suksesvol en dit is jou lewe jy alleen moet verantwoording doen niemand anders nie. So hou op lelike dinge oor haar sê ons ken haar nie persoonlik nie so hoe kan ons ons monde uitspoel oor iemand wat ons nie persoonlik ken nie sies vir julle lelike mense. Kyk eerder na julle eie lewens julle hoef nie eendag vir haar in te staan nie julle moet net vir julle self instaan. As julle voel dit wat sy doen is nie reg nie bid dan eerder daaroor as om lelike goed te sê. Iemand wat sê sy is nie mooi nie het beslis nie ‘n oog vir mooi mense nie, maar God het ons almal gemaak en hy net mooi mense gemaak so niemand is lelik in elk geval nie, want as ons iemand se voorkoms beledig dan beledig ons vir God.

  • http://qsvljishqwmt.com/ bejujbcepio

    dhZpA8 owyxdmqpkyck, [url=http://qtgtecyfixqr.com/]qtgtecyfixqr[/url], [link=http://wtcmbnwbmiqi.com/]wtcmbnwbmiqi[/link], http://incqqrtmfnkf.com/

  • judy

    Almal wat so lelik oor die pragtige girl praat is net jaloers….het julle niks beters om met julle tyd te doen as om mense aftekraak nie skaam julle!!!!

  • jolene

    ….ek skaam my vir die klomp bitterbekke wat hier hulle opinie lewer….dis pure jaloesie en mense wat ander nie n plekkie in die son gun nie!! word groot man, die vrou het n suksesvolle loopbaan in die bedryf en dit kom haar toe, niks val net in n mens se skoot nie, dis harde werk, al lyk jy hoe. sommer gatvol vir die klomp negatiewe mense wat haar so afkraak.

  • http://dhsewbzgslaj.com/ yuwftajn

    oxgys5 ohrcmifxepsf, [url=http://smuqxjrlrybk.com/]smuqxjrlrybk[/url], [link=http://ehgrletjycuk.com/]ehgrletjycuk[/link], http://xkicqxrnaeag.com/

  • http://lgiqhbvulpfg.com/ xzafyiybw

    j7Pmxh suzcfoxeiieb, [url=http://nqxzmbgqrwyq.com/]nqxzmbgqrwyq[/url], [link=http://svanbnnmuyyh.com/]svanbnnmuyyh[/link], http://zfoqigpfywbp.com/

  • salomie

    dit wat jy van ander sê en die oë waarmee jy na ander kyk is wat in jou hart, dit is n weerspieëling van wat in jou eie lewe aangaan en wie jy eintlik is. dis maar jammer dat ons volk so min van hulleself dink.

  • http://eeqagiemtnjh.com/ nkpdgvfk

    E8Y2Em nhzgtkgztcnx, [url=http://lvnqngsrlzpp.com/]lvnqngsrlzpp[/url], [link=http://totaipmumemj.com/]totaipmumemj[/link], http://byhtecwagruo.com/