FOTO: Instagram @thegrammys

FOTO: Instagram @thegrammys

Ons praat met

Grammy’s: Dié bekendes moes liewer twee keer gedink het

Ja, die bekendes kan ook foute maak, skryf Saartjie oor die mode by die Grammy-toekennings. 

SAARTJIE hastag

Soos ons reeds weet, moet jy soms kanse waag om die vrugte te pluk. Maar o wee, dié celebs pluk net vrot vrugte. Kyk hulle nie vir ’n tweede keer in die spieël voordat hulle die huis verlaat nie? 

Sanger Dencia lyk asof sy net ’n paar hakke by haar onesie-pajamas aangetrek het. Pajamas op die rooi tapyt?!? Jy sien my nie eens by die vulstasie petrol ingooi met my pajamas aan nie.

Ek dink my grootste teleurstelling is Lady Gaga. Die laaste paar maande kon sy nie ’n modevoet verkeerd sit nie. Nou gaan spring sy sommer in die verkeerde modeskoene.

En ja, ek weet sy het ’n tribute aan David Bowie gedoen, maar kon sy dit nie stylvoller gedoen het nie? Sy kon liewer in karakter gegaan het net voordat sy op die verhoog gegaan het.

Country-sanger Cam moet dringend terugklim in haar hok. Sy lyk soos ’n kokketiel. Ek weet geel is groot en baie gewild, maar nee, sy tjirp in die verkeerde rigting. 

Sanger Joy Villa se ma moet haar kop in skaamte laat sak. Wie kan nou trots wees op jou dogter as sy só aantrek?

Ek was ook in die algemeen baie teleurgesteld met die bekendes by die Grammy’s – selfs my gunstelinge soos Gwen Stefani en Taylor Swift het my nie eens ge-wow nie. 

Selena Gomez en Taylor Swift maak wel ’n mooi prentjie saam en het nie sleg gelyk nie. Maar ek het regtig meer verwag. 

Dink jy ook die Grammy’s het vir Kim Kardashian gemis? Ek dink vir seker so.