Ons praat met

Grey’s Anatomy se McSteamy word pa

Eric Dane (Mark Sloan in Grey’s Anatomy) en sy vrou Rebecca Gayheart het op 3 Maart vanjaar die trotse ouers van klein Billie Beatrice Dane geword, berig Us Magazine

“Sy’s pragtig,” het die Grey’s Anatomy-ster gesê. “Toe sy uitgekom het was haar oë klaar oop. Die dokter het haar vir Rebecca gegee, en ek was, wel… baie emosioneel.

“Dit was ‘n oorweldigende oomblik, sekerlik die grootste in my lewe,” het Gayheart gesê. “Ons was so geseënd. Die oomblik waarvoor ons al so lank wag, het uiteindelik aangebreek.”

Dane het gesê dat vaderskap jou hele lewe verander.

Dit verander hoe jy na dinge kyk en daaroor voel.
“Ek hou daarvan om myself as ‘n kunstenaar te beskou, maar nou werk ek vir my kind. Nou’s ek ‘n pa. Ek gaan werk toe, ek kom huistoe en maak seker dat daar vir my kind en vrou gesorg word,” het Dane gesê.

“Die geboorte van jou kind is ‘n wonderwerk! En ons het hierdie lewe geskep,” sê hy.

Nog foto’s van celeb-babas

Lees wat sê Nataniël van babas