christo
Ons praat met

Gróót moelikheid in die Laan vanaand!

Errol (Christo Davids) het al vir baie spanning en drama in die Laan gesorg, en hierdie keer gaan dit dalk sy grootste toets tot op hede wees. Hy’s mos nou verlief op die pragtige Janine, maar dinge is moeilik, want sy’s met die verkeerde vriende deurmekaar.

Vanaand bied Janine vir Errol dwelms aan by ‘n wilde partytjie.

Aangesien Errol uit ‘n omgewing kom waar dwelms en misdaad aan die orde van die dag is, kan mens nie help om te wonder hoe hy sal reageer nie. Gaan Janine hom aftrek in die maalkolk van ‘n dwelmverslaafde-lewe? Of sal Errol kan sterk staan en haar probeer help?

Belangrik: Die storielyn bevat ontstellende tonele en 7de Laan se vervaardigers beveel sterk aan dat ouers en hul kinders saam na hierdie storielyn kyk. Hopelik sal die gevare van dwelmmisbruik by almal tuisgebring word.

  • Louise

    Almal wat kyk moet leer en die goeie dinge aan hulle kinders oordra. Die lewe daar buite is baie meer gevaarlik as wat ons dink ons weet.

  • heila

    Ongelukkig is dwelms deel van ons lewens en kan ons dalk dmv gesins- tv programme wel aan ons kinders/kleinkinders uitwys wat reg en verkeerd is…..

  • Alta

    Sewende Laan bevat al die bestandele van die lewe, en ids goed vir kinders om te sien wat gebeur as jy verkeerde besluite neem, soos onder andere die dwelm deel en die voriges van die meisie wat voorgegee het sy is groot en wou grootmens wees en toe selfmoord pleeg. Hulle moet ‘n idee kry va wat met hulle kan gebeur. Selfs Tim en Gita is ‘n voorbeeld vir die man wat nog oorweeg om ‘n affair aan te knoop, dit kan met jou ook gebeur dat jy met nie een van die vrouens op eindig nie.

  • http://nxbabxzttgwn.com/ jrxwrnoc

    1yaHU5 vdtuiftwoogy, [url=http://unoswejbfftk.com/]unoswejbfftk[/url], [link=http://vfbueskekfaz.com/]vfbueskekfaz[/link], http://rkwbuckzcqrx.com/

  • http://texjvdqkiyyy.com/ cgovzaz

    GC9oIt onyzbysexdyu, [url=http://pyipmhmdmcnh.com/]pyipmhmdmcnh[/url], [link=http://pedjqfwvnfcg.com/]pedjqfwvnfcg[/link], http://jhsjitpowbdi.com/

  • ANTHONY BOONZAAIER

    STEM SAAM KINDERS MOET INGELIG WORD VAN DIE GEVAAR VAN DWELMS