duran_duran
Ons praat met

Supergroep uit die 80’s kom SA toe!

Hulle gaan 5 konserte in SA hou as deel van hul wêreldtoer om die bekendstelling van hul nuwe album, All You Need Is Now, vooraf te gaan.

Onthou jy nog al daai treffers? “Planet Earth”, ”Rio”, “Hungry Like the Wolf”, “Save a Prayer”, “Wild Boys”, “Ordinary World” en “A View to a Kill”.

“Ons het té lanklaas in Suid-Afrika opgetree. Ons was vir ‘n jaar lank afwesig om aan nuwe materiaal vir die album te werk en dit gaan wonderlik wees om weer op te tree. Ons het nog nooit met al die oorspronklike groeplede in SA opgetree nie. So, dis ‘n eerste vir Roger en die groep!” het die hoofsanger, Simon le Bon, uit Londen gesê.

SA se eie rocker, Arno Carstens wat deesdae in Londen bly, sal die Duran Duran-konserte open.

Wat is jóú gunsteling Duran Duran-liedjie?

Waar en wanneer?

Dinsdag 7 Desember – ICC, Durban

Woensdag 8 en Donderdag 9 Desember – The Big Top Arena, Carnival City, JHB

Saterdag 11 en Sondag 12 Desember – The Grand Arena, GrandWest, Kaapstad

Kaartjies by Computicket.