Ons praat met

Haai Blommie, Liewe Heksie is terug!

Met haar besem en hoed is Liewe Heksie terug. Dié keer nogal op die verhoog van die Staatsteater in Pretoria. En natuurlik is Blommie, Matewis, Borrie, Kerrie en Koning Rosekrans ook daar uit Blommeland. Sedert 1981 het Verna Vels se geliefde heksie en haar kaboutervriend in kinders (en grootmense) se harte ingekruip – van ou langspeelplate tot die latere TV-program.

Die verhoogproduksie beloof iets besonders vir die hele gesin te wees. Liewe Heksie en die Geelheks probeer mekaar uitoorlê en gaan selfs so ver as die maan (of so dink hulle). Karel Kat, Kerrie en Borrie en Kwaaibaba maak ook ‘n draai.

Bespreek vandag nog by Computicket. Vir groepbesprekings, tel. 082 763 1587 of 083 296 6890

Wanneer? 17 April tot 9 Mei

Maandae tot Saterdae om 10 vm.