Ons praat met

Hanna, Bok se meisie hou verjaarsdag – SARIE was daar

Jonk en mooi … Hanna Grobler het Saterdag, 15 Januarie haar 29ste verjaardag gevier. 

En ʼn beter plek as Die Werf  in Faery Glen, Pretoria, kon jy nie maklik kry vir die perfekte partytjie nie. Met vure wat hoog brand en ʼn private eetkamer weggesteek tussen ʼn bos doringbome, kon jy netsowel in die hartjie van die Bosveld gesit het. Op die spyskaart was beesstert met stampmielies, gerookte forel, skaapnek en hoenderpastei.

Ons het gekuier – van vroegaand tot laatnag, en later tot vroegoggend! Die gastelys het bestaan uit ʼn paar van Hanna se naaste vriende, wat die aktrises Amalia Uys en Liandie du Randt insluit. Die oud- Blou Bul Krynauw Otto en sy vrou, Lize, en sangeres/aktrise Karlien van Jaarsveld was ook daar. Karlien en Hanna speel teenoor mekaar in Sean Else se rolprent Platteland wat tans verfilm word.

En met Bok aan Hanna se sy, kon sy nie vir ‘n  beter verjaarsdag vra nie.