hannon
Ons praat met

Hannon: Rugbybulletjies & balletdanser!

Tannie Rietha Kruger se parfuum het altyd in die lug gehang. Wanneer 
sy verby hom gestap het, het die 
eksotiese speserygeur van naeltjie en sandelhout haar soos ’n skaduwee agtervolg. Vandag nog voer die reuk van Estée Lauder se Cinnabar hom terug na sy grootword-dorp Vryburg in Noordwes; na die ballet-ateljee waar die vrou met die warm, borrelende persoonlikheid hom geleer plié en pirouette het.

En glo dit of nie, maar voordat hy 
ballet ontdek het, was Hannon Bothma – vandag bekend as die stylvolle, keurige en flambojante Glam Guru – ’n baie mededingende Cravenweek-rugbyspelertjie. Hy het met oorgawe deelgeneem (soos hy alles doen), en “behoorlik woes en rof” gelyk ná ’n wedstryd, “veral as jou kop so ’n paar keer tussen twee stutte ingedruk was!”

. . .

“Op laerskool was ek altyd min of meer die langste en die sterkste van die seuns. In ’n losgemaal kon ek elke bal kry. Ek kon nooit goed skop nie, maar ek was my span se troefkaart in lynstane. Ek kon hoër spring as enigiemand anders om die bal te vang, dalk danksy ballet.”

Toe hy die Cravenweekspan haal, was dit ’n groot ding in die familie, 
sê hy.

Een van sy trotsste oomblikke was in standerd vyf, toe hy een middag teen ’n nabye dorp, Schweizer-Reneke, gespeel het. “Een van my neefs was in die opposisiespan. Daardie middag het ek vier drieë gedruk en die familie (wat seker maar agter hul hande gepraat het van die ballet-enetjie van die familie) was daar om dit te sien.”

* In die Maart-uitgawe van SARIE (vanaf 13 Februarie 2012 op straat) vertel hy hoe sy pa oor sy ballet gevoel het, hoe ‘n “verfynde siel” deur skool gekom het en hoe hy sy sakeryk opgebou het.

  • Marie Mouton

    Ek dink hy is fantasties !!!!! Sal wat wil gee om n " make-over" deur hom gedoen te kry. Hy verander mense regtig tot volle potensiaal, wat mooi lyk betref.

  • elsa de kramer

    Is gek oor Elma Postma, goed gedoen vrou!

  • Jolene

    Ek stem saam, ek sal wat wil gee om ‘n make-over deur hom gedoen te kry. Hy weet wat hy doen en almal lyk altyd asemrowend na hy sy "magic" gedoen het. Hy het definitief sy "day-job" gemis nie!

  • Sandra Kleinhans

    Wel ‘n doel is ‘n doel – hetsy in rugby of in die lewe – solank jy die doelpaal bereik en trots is op jouself!!

  • Trix

    Hy is te oulik! Kyk net hoe het hy daardie push-ups op Proesstraat gedoen….. Mooi so Hannon!

  • Marietjie van Zyl

    Ek was al twee keer by sy make overs en die dames het hy na pragtige swane laat lyk. Hy is n baie
    oulike mens warm en vol prettige se goed . Ek sal ook wat in die lewe wil gee om n make over te he.
    by hom.sou nooit in my lewe gedink het dat hy rugby gespeel het nie. Maar nou ja as jy goed is is jy goed. Al ons dames in die kantoor is mal oor hom.

  • SUNETTE

    VAN N RUGBY BULLETJIE NA N PIENK BULLETJIE

  • SUNETTE

    VAN N RUGBY BULLETJIE NA N PIENK BULLETJIE

  • Carien Janse van Rensburg

    Ek en my vriendin Yolanda wens so hy wil hier na Stellenbosch toe kom, sodat ons onder hom kan deurloop vir ‘n make-over. Ek dink hy is absoluut fantasties en weet hoe om ‘n vrou weer vrou te laat voel.

  • Bettina

    I think he’s absolutely stunning!!! Convinced he can teach many others a thing or two on how to be a REAL man.

    I have a brother in law who also did ballet as a youngster and family used to find this amusing and always joked about it (afterall ballet is for sissies…). He too is a gentleman and you can practically eat off him (very well groomed) even though he wears overalls/jeans in his day job.

    Wish there were many more like Hannon – the world would be a much better place (definitely more pleasant)

  • Erna Dantu

    Pragtige mens- tops in alles wat hy doen- hyt voor in die ry gestaan- gelukkige boggertjie- hy bederf seker ouma en ma ens ens ens-

  • Tiaan

    Die rugbybal neergesit vir n naelstelletjie. Hy maak seker meer geld as wat hy sou maak met rugby nou

  • Danté

    Hy het seker vir die Bulle Cravenweek gespeel.

  • Hess

    Al is hy van ‘n rugby bulletjie na ‘n pienk bulletjie hy bly iets vir die oog. Duidelik gaan hy ook gereeld gym toe. Hy is ook wonderlik geseën met verskeie talente. Wil baie graag ‘n make over hê maar nie op TV so ‘n one on one. Weet net nie of hy dit doen nie. As julle niks goed oor Hannon te sê he by dan liewer net stil. Ons ander wat nie omgee of iemand ‘n blou bulle of pienk bulletjie is kan nie wag vir sy program Vrydagaande nie.

  • CHRISTI

    WHO WANTS A MAN THAT LOOKS BETTER THAN YOU, A WOMAN??
    HE’S A GIRLY MAN – US SA LADIES LIKE REAL MEN!!

  • Esme

    Is Hannon gay?

  • Chrizelda

    U go Hannon!!!! Absoluut mal oor sy progam.

  • isabel

    So ‘n pr weke gelede het hy n man op die program gehad. Die man het so ‘n "rowwe", manlike voorkoms gehad. Goedversorgde baard en snor. Niks aan die man het my gehinder nie.
    Maar toe Hannon met hom klaar was….. o wee…! van daai manlike, rowwe voorkoms het NIKS oorgebly nie. Soos Hannon daai baard "verkrag" het, kon hy dit liewer HEELTEMAL afgeskeer het. Ek het kliphard gevra: Wat de h.. het jy met die man aangevang?
    Ek is verseker NIE ‘n Hannon fan nie.

  • Naomi

    Hannon, ek dink jy is pragtig en professioneel. Love jou!!!

  • Pietie moet nie oordeel nie!

    bennita volgens jou is n regte man seker die een wat jou alles laat doen en soos n boom geplant is voor die TV. Niks daar mee fout om na jou self te kyk nie! Almal verwelkom asb. vir Bennita tot 2012. klap vir haar hande.

  • Anton

    Ek sal graag ‘n "real man" wat Christi so baie van hou wil sien Glam Guru aanbied – hy is daar om jou ‘n make-over te gee nie jou kar te diens nie.

  • Tersia

    Wie soek nou n "regte man" wat na sweet ryk, grease onder sy gechipte naels het met n bier pens so groot dat hy wonder waar sy voete heen verdwyn het.

  • YOU SHALLT NOT WASTE MEAT!

    WHAT A WASTE OF MEAT!

  • Jessica

    Hannon is en bly ‘n mooi man my man versorg hom ook baie goed neals altyd skoon mooi geskeer hare altyd versorg kan hom altyd deur ‘n ring trek gaan saamt my vir meni en pedi daar is ‘n spreekwoord wat se " ‘n vrou kan ‘n man maak of breek" dis baie waar as ‘n vrou ‘n man laat goed voel dan doen hy moeite en hy voel goed oor homself Hannon jys tops

  • Annatjie Oelofse

    Hannon is fantastie, sal nie om gee om deer hom" mooi gemaak te word nie". Kort ‘n "make-over" en ‘n lekker bederf. Hannon bly soos jy is jy’ s amassing.

  • Michelle Ferreira

    Hannon is sexy, talentvol en het goeie smaak…. Ons eie swart blink vos perd! Ten minste is daar iets vir die girls om oor te drool!! N tannie van my het altyd gese…"Mooi was nog nooit lelik nie". Sooo true!! U GO HANNON!!!

  • Belinda Coetzee

    Ek is absoluut mal, ekstasies gek oor hom! Waaaaaar kan ek hom in die hande kry om vir my ‘n make over te gee? Ek is 50 jaar oud en lyk 100 ek het hom so so dringend nodig!