Ons praat met

Splinternuut! Harry Potter and the Deathly Hallows-fliekvoorprent hier

Die dag wat Harry Potter and the Deathly Hallows se eerste gedeelte by die flieks gaan begin draai, is stadig maar seker besig om nader te kruip.

Daniel Radcliffe, beter bekend as Harry Potter self, het die 50ste dag voor die bekenkstelling gemerk met ‘n dagboek-video verlede week en nou is daar ‘n plakaat vrygestel om die ‘die hard’-aanhangers net nog meer nuuskierig te maak.

Die film begin waar Harry, Hermione en Ron op hulle gevaarlikste avontuur nog gaan. Die plakaat wys waar die drie in ‘n donker bos rond hardloop met vreesaanjaende, rooi kolle oor die toneel gespat.

Sonder Dumbledore en die veiligheid van Hogwarts sal elke Harry Potter-aanhanger op die punt van sy stoel sit om te sien wat met die drie hoofspelers gebeur.

 

Agter die skerms:

Voorprent: