Heinz Winckler en sy drie seuns. Van links is Lian (5), Reuben (1) en Simeon (3) 
FOTO: Willem Lourens
STILERING: Danny Toüa

Heinz Winckler en sy drie seuns. Van links is Lian (5), Reuben (1) en Simeon (3) FOTO: Willem Lourens STILERING: Danny Toüa

Ons praat met

Heinz Winckler: ‘Ouerskap is ’n groot seën’

In Junie 2002 maak Heinz Winckler geskiedenis as ons eerste “idol” toe hy die M-Net-realiteitsreeks Idols wen. Dit was die begin van baie dinge. Sedert Idols: The Album (2002) het hy nog ses CD’s uitgereik.

Hy het ook in 2007 in die Broadway-treffer Rent voor sowat 350 000 mense in die VSA, Kanada en Japan opgetree. Hy het al in talle sepies verskyn, asook in die romantiese komedie Mooirivier. Sy CV sluit drie SAMA-nominasies in, asook motiveringspraatjies en, meer onlangs, sy eerste boek, In Ritme met God (Maroela Media).

Het jy spesiale liedjies vir jou seuns geskryf?

Vir Lian het ek “My seun, my seën” as verrassing vir Aletté se ooievaarstee geskryf. Die inspirasie vir sy naam kom van God. My liedjie vir Simeon is “Spreek Heer”. Nou moet ek nog een vir Reuben skryf.

Sing julle graag saam?

O ja. Veral Simeon geniet musiek. Hy snuffel altyd musiekinstrumente in speelgoedwinkels uit. Hy besit al twee speelgoedkitare, ’n kamma-saxofoon, trompetjie en speel-speel-mikrofoon. Lian hou eintlik van karretjies, maar hy beweeg sy lyfie ook alte lekker as hy musiek hoor. Al drie hou van my treffers “Jakarandakoningin” en “Meisie van my hart”. Ek moedig hulle aan om met ritme en musiek uitdrukking aan hul emosies te gee.

Is dit moeilik om so gereeld te toer en weg van die huis af te wees?

Musiek en motiveringspraatjies is my roeping en passie, maar ek is gewoonlik net naweke weg. Dis ’n pluspunt dat ek van die huis af werk en my kinders indieweekommyhet.Ditisvirmy belangrik om soveel moontlik by hulle te wees. Ons wil ’n groter invloed op hul lewe hê as onderwysers, die huishulp en babawagters.

Jou grootste roeping as pa?

Ek glo veral as pa is ek my kind se eerste indruk van wie God is. Hoe nader ek aan Hom leef, hoe meer word ek soos Hy en dan sal ek ’n beter pa wees.

Hoe het jou kinders jou lewe verryk?

Ek kan my nie my lewe indink sonder die nuwe mensies daarin nie. Ouerskap is harde werk en dis uitdagend, maar dit is uiters vervullend en ’n groot
seën om die voorreg te hê om hulle groot te maak.

Heinz Winckler en sy drie seuns. Van links is Lian (5), Reuben (1) en Simeon (3)  FOTO: Willem Lourens STILERING: Danny Toüa

Heinz Winckler en sy drie seuns. Van links is Lian (5), Reuben (1) en Simeon (3)
FOTO: Willem Lourens
STILERING: Danny Toüa