Ons praat met

Heinz Winckler se eersteling op pad!

Die sanger Heinz Winckler (31) en sy vrou, Aletté (29), is swanger met hul eersteling. Marguerite van Wyk het gistermiddag met hulle gesels nadat die nuus op Facebook gebreek het.
 
Heinz, wanneer het jy en Aletté gehoor julle is swanger?

Ons het gister gehoor. Maar my vrou vermoed dit al ‘n paar dae. Ná ‘n tuisswangerskaptoets wou ons dit net met bloedtoetse by die Olivedale-kliniek in Johannesburg bevestig.
 
Het julle dit beplan?
Ons het die afgelope twee jaar nie voorbehoeding gebruik nie en het verlede jaar vir toetse gegaan om te kyk of alles oukei is. Toe het ons maar net vasgebyt en vertrou dit sal op die regte tyd gebeur. Ek kan nie ophou smile nie. Dis massive. Ons is net só gelukkig. Ek is heel simpel oor die hele ding.
 
Wat is die eerste ding wat julle gedoen het nadat julle dit gehoor het
?
Ons het dadelik ons ouers en naaste familielede gebel. Ek het sjampanje gedrink, my vrou kon ongelukkig nie. Ons het Maandagaande ‘n selgroepie by die huis en ons vriende het saam feesgevier. Dit is ongelooflik spesiaal.
 
Het julle al aan name vir die babatjie gedink?
Dis early days. Ons sal wag om te kyk wat is die geslag van die babatjie. Ek hou nogal van tradisionele name. Aletté hou van kombinasie-name. Dit sal waarskynlik iets tussenin wees.
 
Sê nou dis ‘n tweeling?
Dan is ons dubbeld so bly!
 
Hoe voel Aletté?
Sy is maar vyf weke swanger, so dit is baie vroeg. Sy is bietjie moeg vandag, maar voel goed.
 
Hoe gaan jy vir Aletté vertroetel tydens die swangerskap?
Ek hou daarvan om te dink ek is reeds goeie man. Ek gaan my troeteldade maar net opskerp en vermeerder.
 
Hoeveel kinders wil julle hê?
Oee, ek dink nie ons het al ‘n finale besluit geneem nie. Sy kom uit ‘n gesin van vier en ek uit ‘n gesin van drie. Ons sal dalk gaan vir twee of vier. ‘n Gelyke getal. Nou vat ons dit maar eers een op ‘n slag.
 
Wat is die belangrikste dinge wat julle dink enige ouer vir ‘n kind moet leer?

‘n Kind moet weet hy/sy word aanvaar vir wie hy is, hy moet weet ons het hom/haar onvoorwaardelik lief en ons wil hulle met dieselfde waardes grootmaak as wat vir ons belangrik is. Ons sal sterk fokus op geloof.
 
Wanneer is die groot datum wanneer julle die babatjie verwag?

Dit lyk na 23 Maart. Dis cool. Ek verjaar op 22 Maart. Dalk kom die babatjie nog een dag te vroeg en dan verjaar ons saam.
 
Gaan julle voor die tyd uitvind of dit ‘n dogtertjie of ‘n seuntjie is?

Ja, ons is oukei daarmee, dan kan mens beter beplan.
 
Wat is die reaksie van jul vriende en ouers?

Almal freak uit en is só ondersteunend en opgewonde.

  • Christelle van Staden

    Baie geluk julle – dis uitstekende nuus. Ek wens julle slegs vreugde en blydskap toe!