suzy_amis_cameron_and_james_cameron_at_the_oscars_mar07_2010
Ons praat met

2011 se Oscars is ‘groen’

Dié projek is verlede jaar begin deur Suzy Amis, vrou van die regisseur van Avatar, James Cameron.

Suzy het verlede jaar die wenrok van Red Carpet Green Dress aangehad na die Oscars toe. En vanjaar kan die ontwerper én haar model kaartjies wen na die vooraf-partytjie van dié glansgeleentheid in Hollywood.

Volgens redcarpetgreendress.com is te veel mense deel van die wêreldwye probleem van aardverwarming en die meeste is nie eens daarvan bewus nie. Hierdie soort projekte bring dit onder mense se aandag dat daar wel eko-vriendelike alternatiewe is – selfs in die modewêreld. En aksie begin met bewustheid.

Die wenner van hierdie jaar se Red Carpet Green Dress ontvang die volgende:

* ’n Kontantprys van sowat R20 000 om die rok te laat maak.
* BBP-kaartjies na die Oscars se vooraf-partytjie vir die ontwerper sowel as die model as gaste van Suzy en James Cameron.
* Verblyf van 4 nagte in die eksklusiewe Georgian Hotel, met limosien-vervoer oral waarheen hulle wil gaan.  

Bekendes wat die projek ondersteun, is die aktrise Jessica Alba en die mode-ontwerper en TV-persoonlikheid Nicole Richie.

Vir meer inligting, besoek www.redcarpetgreendress.com.