conviction
Ons praat met

Hilary Swank gesels oor haar nuwe fliek

Hoe baie tyd het jy saam met Betty Anne Waters bestee  ter voorbereiding van die rolprent?

Ek en sy het slegs 48 uur saam in die tronk bestee. Maar ek het ure lank na opnames van Betty Anne geluister wat aan ons gegee is. My eie voorbereiding vir die karakter het weke voor die tyd begin, omdat ek gefassineer was deur haar – haar deursettingsvermoë en passie. Ek wou haar as persoon verstaan voor ek aandag aan die rol begin gee het. Dit is ongelooflik wat sy vir haar broer gedoen het.

Wat was Betty Anne se eerste woorde aan jou toe sy die fliek vir die eerste keer kyk?

Ons het dit by Toronto-Filmfees gekyk en sy het naby my gesit. Toe sy my sien, het sy na my toe gehardloop, my ‘n druk gegee en dankie gesê. Ons albei het gehuil en ek was so verlig dat sy van die prent gehou het. As ek haar op enige manier moes teleurstel, sou ek nie met myself kon saamleef nie.

Sien jy haar as ‘n onselfsugtige mens?

Sy is die definisie van onselfsugtigheid! Ek dink wat Betty Anne grootliks beskryf, is toe ek vir haar sê ek kan nie glo dat sy 18 jaar lank haar broer se onskuld probeer bewys het nie en sy antwoord: “Wat? Ek het net gedoen wat enigiemand anders sou doen.” En dit is nie waar nie – min mense sou gedoen het wat Betty Anne gedoen het.

Dink jy familie is nie meer belangrik vir mense nie?

Ek dink ons kom nou eers by ‘n plek waar ons besef dat familie die belangrikste ding in jou lewe is. Mense verloor hul werk, hul huis . . . Ek dink mense besef nou eers dat niks blywend is buiten jou familie nie.

Jy het mos self ‘n broer. Is julle ook na aan mekaar?

  Ek en my broer verskil agt jaar. Ons het die afgelope vyf jaar baie nader aan mekaar gegroei.
Jy het al baie sterk vroue-rolle gespeel.

Watter vroue bewonder jy die meeste in jou lewe?

My ma. Sy was nog altyd ‘n steunpilaar en het my nog altyd gewys wat regtig saak maak in die lewe –jou innerlike waardes. My ma het direk ná skool ‘n werk as sekretaresse aanvaar en my pa deur kollege gekry. Sy het nog altyd mense vir wie sy omgee eerste geplaas. Sy het ook altyd in my geglo en my aangemoedig deur te sê dat ek enigiets kan bereik.

Jy is ‘n A-lys-aktrise en het al in talle goeie flieks gespeel. Wat is dit van Hollywood waarvan jy die minste hou?

Wanneer jy teenoor ‘n aktrise speel wat jou as ‘n bedreiging sien. Jy sal verras wees om te weet hoeveel wil hê jy moet misluk. Dan moet jy net sê: Wag ‘n bietjie, ons is almal in dieselfde bootjie. Ons werk saam as ‘n span om ‘n goeie fliek te maak. Dit is jou rol en kom ons maak die beste daarvan, werk saam met mekaar, nie teen mekaar nie.

Jy is al lank in die bedryf. Sal jy steeds wil aanhou toneel speel vir die volgende paar jaar?

Beslis. Dit motiveer my dat ek myself dryf om elke rol wat ek aanvaar, beter as die vorige een te speel. Ek sal sê ek ding mee met myself. Maar ek sal ook graag rolprente wil vervaardig. Dit is wonderlik, want jy kan ‘n bydrae lewer met die maak daarvan. Dis ‘n ander manier van kunstig wees. Jy kan meer kreatief wees as wanneer jy net toneel speel.

Wat is jou gunsteling-manier van ontspan wanneer jy die kans kry?

Saam met my diere. Ek het twee honde, waarvan een in Suid-Afrika gered is, ‘n hamster, wat eintlik my kêrel se seun s’n, maar ek sorg vir die dingetjie, baie visse en ‘n paar hoenders. Om saam met hulle te wees gee my innerlike vrede. Da is ek ook mal oor sport, soos roei en valskermspring – dis my geheim tot skoonheid (lag).

Liefde of sukses?

Sukses is goed en wel, maar sonder liefde kan niemand lewe nie . . . Ek is tans baie gelukkig – dis al wat ek kan sê!

KYK DIE LOKFLIEK:

  • http://pihaqnzqqepp.com/ fswrkedboe

    gLCTKJ lkskbuyudcyg, [url=http://zvabsnjtoajh.com/]zvabsnjtoajh[/url], [link=http://jnffyipjdeij.com/]jnffyipjdeij[/link], http://mdrnajcdjesj.com/