amor_cover
Ons praat met

Hoe gaan dit met Amor? Ma Delyse vertel

Amor is deur ‘n paar gespanne weke waarin haar “lewe verbrokkel het”.  Haar man, Joost van der Westhuizen, het verlede week uit die huis getrek.

Delyse sê nie een van Joost of Amor het nog die ander een om ‘n egskeiding gedagvaar nie.

“Daar is niks so moeilik as jou kind en kleinkinders deur ‘n moeilike tydperk gaan nie. Amor kry swaar, maar sy bly positief.”

Amor se konserte gaan steeds voort en sy is vir die volgende twee maande baie besig. Haar aanhangers kan steeds verwag om positiewe Amor op die verhoog te sien, sê sy.
“As haar ma en bestuurder is ek haar steunpilaar,” sê Delyse.

 

Amor kry swaar, maar sy bly positief.” – Haar ma en bestuurder, Delyse

 

Amor tree vanaand by ‘n konsert in Dainfern, waar sy woon, op en Vrydagoggend in Midrand ten bate van die Walter Sisulu-harteenheid. Volgende week kom Nylstroom en Port Elizabeth aan die beurt.

“Ek weet nie hoeveel kilometers sy per maand aflê nie, maar dis baie. Sy doen gemiddeld ses konserte per maand en dan doen sy tussenin liefdadigheidswerk en motiveringspraatjies ook. Daar is nie nou tyd vir ‘n toer nie.”

Daarby is sy ‘n toegewyde ma vir Jordan (6) en Kylie (4).

Delyse sê Amor se nuutste CD, Glo altyd aan môre, wat in Oktober 2009 uitgereik is, is vol inspirasie en van die treffers is die liedjies Lag, Glo altyd aan môre en Dra my. Daar is nie op die oomblik planne vir ‘n nuwe CD nie.

“Hoewel Amor nie self die liedjies op Glo altyd aan môre geskryf het nie, weerspieël dit haar behoefte om ander te inspireer.”

Kan ‘n proefskeiding werk?

Kan tyd weg van mekaar die krake in ’n huwelik heelmaak? Dit het Cindy Nell Roberts se ouers gehelp. Wat van Jonty Rhodes en Tiger Woods?

 

Amor bied ook Sondagaande van 23:00 tot 02:00 ‘n inspirerende geselsprogram, Amor, op Jacaranda 94.2 aan. Sy self vertel hoe haar luisteraars haar raad vra en hoe dit haar raak dat vroue mekaar so ondersteun.

Amor se webtuiste, www.amorvittone.co.za, met die titel Voluit! is ook tans onder nuwe konstruksie, sê Delyse. Op die ou webtuiste vertel Amor hoe “… alles begin met ‘n droom.” Die ou webtuiste groet die besoeker ook met die woorde: “Live like there’s no tomorrow… Dance like no ones watching… sing like no ones listening… love like you’ve never been hurt…”

* Vir die nuutste inligting oor Amor se konserte, gaan na haar Facebook-blad.

* Kyk die video, Glo altyd aan môre:


  • http://www.sarie.com Hannelie

    Amor ek dink aan jou en bid vir jou. Baie sterkte, ek weet jy sal heel anderkant uitkom, en ‘n baie sterker mens.
    Baie liefde. Hannelie

  • Shane Dean

    Joost en Amor behoort by mekaar ek wens die tydskrife kan hulle privaat lewe uit doen . Wat joost & Amor doen is hulle probleeme . Dit is met nie uit tewaai nie . PLZ MIND UR OWN BUSINESS

  • Shane Dean

    Joost en Amor behoort by mekaar ek wens die tydskrife kan hulle privaat lewe uit los . Want joost & Amor doen is hulle probleeme . Dit is met nie uit tewaai nie . PLZ MIND UR OWN BUSINESS

  • wendy

    al wat ek te se het ek is nie n groot aanhanger van amore nie maar …..wat jooost aan haar gedoen het is vieslik…die leuns,,,,op t v ,,,in tydskrifte ,,,,ek sal nooit so iemand kan vertrou nie,,nooit ..char mayne gayle het gese daar was nog baie gewees…amor al raad wat ek het kyk vorentoe,,,maak jou kinders alleen groot you not the 1st and wont be the last ,,,jy sal weer iemand ontmoet good luck ,,,jy sal altyd aan daai goed dink it wil never be the same ,,,go well…

  • Ria

    Vertroue is dit wat ‘n huwelik aanmekaar hou, en as mens nie meer die persoon saam met wie jy jou lewe deel kan vertrou nie, breek dit die fondament af waarop die huwelik gebou word. Baie sterkte Amor, my hart gaan so uit na jou, maar weet net jy stap nie alleen nie, God stap saam met jou en deur hierdie moeilike tyd dra Hy jou!

  • Karen Henning

    Amor ek is deur amper dieselfde. My seuns is 6 en 3. Dis ‘n jaar en half later en my hart is nogsteeds stukkend. My prentjie van my huwelik is verwoes omdat dit nie vir hom belangrik was nie. Ek het hoeveel aande gebid en vir Die Here gese "my hart is te seer om te bid ek kan nie eers asemhaal nie. Ek wil net op Sy borsie aan die slaap raak". Daardie eenvoudige gedagte het my nuwe krag gegee. Die moeilikste was om met ‘n stukkend hart in die oggend op te staan en my kinders met ‘n glimlag pap te gee.

  • Carin

    Maak oop jou oe girl – Huisgenoot is lankal nie meer die gesinstydskrif soos 10 jaar gelede nie maar ‘n produk van’n defrestruurde vrou wat genot daaruit put dat ander mense se vuil wasgoed in die openbaar gewas word en bitter ongelukkig is!!! en wat maak jy ? jy gaan huil op hulle skouer? A nee a word groot en sorteer dit in julle binnekamer uit sonder die oe van al wat leef en beef, per slot van sake dit is PRIVAAT!!!!!!!!!
    Asseblief dat ek nog die bietjie respek oorhou wat ek vir jou het!!!

  • ANNALIE

    VASBYT,DINGE HET N MANIER OM HULLE SELF UIT TE SORTEER,BLY POSITIEF,VERTROU OP ONS HEMELSE VADER EN HY SAL JOU HANDE STYF VASHOU.STERKTE.ANNALIE

  • martiens

    Amor is n pragtige vrou,en ja n mens verdien nie sulke dinge nie,wie maak nie foute nie,ons mag nie oordeel nie,ek het self die pad geloop is geskei meer as die helfte was my skuld,ek is vergewe is getroud met n pragtige vrou Annette en glo my n mens maak nie foute oor en oor nie.Joost was altyd mal oor hom en sal wees.
    Baie sterkte julle twee,glo en hoop als kan uit gesorteer word,julle is pragtige mense.

  • Gemsbok

    Joost en Amor moet gelos word om hulle probleme self op te los. Dis nie nodig vir die media, sogenaamde kenners en elke Jan rap en sy maat om hulle mening te gee nie. Ek dink hulle is groot genoeg om dit self in die privaatheid van hulle huis te kan doen.
    Dalk is dit ook tyd dat Amor en Joost se ouers bietjie terugstaan. Ek is ook ‘n pa en sou seker ook wou inspring en help, maar somtyds moet jy die kinders bietjie alleen los om self hulle probleme te hanteer.
    So baie inmenging in enige huewelik is nie goed nie.
    Ek so lus om te se: "Bud Out".

  • Jannie

    Beie Amor en Joost moet hulle werklik tot God bekeer; altwee is eweveel in die duisternis. Kyk hoe uitlokkend trek sy nog steeds aan – ‘n Christen sal nie ander probeer verlei nie! Hulle doen die naam van Christenskap oneer aan.

  • Elmarie

    Baie Sterkte – bid vir jou en jul as gesin – dis al!

  • Sarie

    Joost en Amor moet ophou om te luister wat jan publiek of die media te sê het. Mense moet ophou om te oordeel, dis nie julle plek nie. Joost en Amor vergewe en vergeet en "FOKUS op GOD"…..

  • Zet

    Ek is ontsettend geskok en teleurgestel met die nuus! Ek het bly hoop in my hart dat Joost en Amor dinge sou uitwerk en aangaan met hulle lewe, ek glo daar was soveel gebede!!!!!!!!!!!!!!!!!!! het dit nie gehelp nie??????
    Joost die lewe gaan aan! Kyk vorentoe! Ons leer deur ons foute! Amor julle is albei twee "STUNNING" mense………

  • Andre

    Amor ek verstaan miskien nie die situasie heelte mal nie-Joos was verkeerd maar jy "adverteer" dan nou om weer n "Italianse hunk" te kry? Ek dog jy rou oor jou verhouding wat tot niet is met jou man,maar jy kan nie wag vir die volgende man nie?Miskien is Joos beter af sonder jou.Die simpatie wat ek vir jou gehad het,het nou soos jou liefde vir Joos verdwyn.

  • gatvol

    Nou kry jy jou ma ook om kommentaar te lewer oor julle lewe!!!!Jy soek net die "limelight"…kom oor dit….JY het ook met Joost rond geneuk terwyl hy nog met sy vorige vrou getroud was??????.. So nou moet almal jou jammer kry….wat n klomp b…t.

  • ellen pienaar

    amor jy moet doen wat goed is vir jou en jou kinders maar doen dit soos jy voel moenie dat jou ouers of enige iemand opvloed op jou he nie wat joost gedoen het is afskuwelik maar hy bly nog die pa van jou kinders onthou net hulle word groot en daar gaan vra gevra word maar dan wil ek in dieselfde asem se die Here het 70×70 keer vergewe

  • Rindie

    Amore – You go girl ! Onthou" I will defy the dragon I will defy fear because the might of God holds me"

  • Marietjie

    Niemand kan regtig vir Amor sê wat om te doen nie, nie eens haar ouers nie, hulle was nog nooit in daardie posisie gewees nie. As Amor werklik vergewe kan God hulle deur hierdie krisis in hulle lewe help. Joost het met die waarheid uitgekom, dit maak dit nie reg nie, maar as Amor werklik lief is vir hom, kan hulle huwelik gered word.

  • Angelique

    My man het ook ‘n verhouding gehad, ons is uitmekaar met die doel om te skei, na drie maande het hy teruggekom, en ek het hom weer uitgevang dat hy weer met ‘n vrou iets wil begin. Ja hulle hou nie op nie! Maaar hy het my weer gevra om hom weer te vergewe en ek het gesê okey, eintlik het dit nog nooit so goed gegaan met ons soos nou nie! Ek is eerlik, ja ek vertrou hom nie 100% nie! Ek is seker ‘n pateet soos die vrou my toe gesms het, maar ek is lief vir hom, dit is my 2de huwelik, ek ek wil dit graag maak werk en ek gaan positief bly en bly bid en glo.

  • Magda van der Merwe

    Amor, dit is hoogtyd. Jy het alreeds twee jaar vermors om daardie skynheilige Joost nog ‘n kans te gee. Hy is ‘n jakkals en hy sal nooit verander nie. Wees net op jouself afhanklik. Ek wens jou alles van die beste toe vir ‘n blinknuwe toekoms. You go girl!!!!

  • Danel Bouwer

    Amor, jy’t die regte ding gedoen. Moet hom net nooit weer ‘n kans gee om sy voet in die deur te sit nie. Jy sal hom nooit weer kan vertrou nie en jy sal vir die res van jou lewe, as hy rondom jou is, daardie vieslike seksvideo oor-en-oor ervaar. Los hom nou maar tussen die floose, laat hulle hom maar onderhou.

  • Wally

    Ag, alle Media – wil julle nie asseblief hierdie twee siele met rus laat nie. Ons is al rêrig g*tvol vir hulle stories. Asseblief, tog!!!!!!!

  • http://ngmvykabpcei.com/ fugalaui

    hwTH9u tvmekinjtxvf, [url=http://vadkmhiiibal.com/]vadkmhiiibal[/url], [link=http://trxratnokpyx.com/]trxratnokpyx[/link], http://oqlfmghcpygf.com/

  • Margaret

    Amor new when she married Jooste that she could never trust him! They had an affair whilest he was still married so what makes this affiar so different!! Mens regverdig altyd jou foute as jy self betrokke is maar as dit aan jou gedoen is, well then iets the end of the world! There marriage was build on dishonesty and did not have the Lords Blessing from the begining.

  • Cornelia Horn

    Amor, dit is jammer wat gebeur het. Maar ons almal bly in huise van glas ek wil net sê as die Here Joost vergewe het kan niemand dit teen hom hou nie, ja wat hy gedoen het is verkeerd maar ons almal het maar geraamtes in die kas. Ons bid dat die Here jou sal krag gee, jou kinders in die gees sal bystaan al besef hulle nie nou nie, kinders behoort aan die Here en Hy sal op Sy manier dit vir hulle ligter maak. Wil net sê dit is jammer dat dit op so lelike manier by jou moes uitkom, en dat Joost dit nie self op sy mannier kon aan jou oordra nie. Maar nou ja Huisgenoot het Skindergenoot geword, maar ja daar is mos die spreekwoord wat sê jy wat ‘n ander jaag staan nooit stil nie, so die persoon wat almal so jaag sal ook haar dag kry. Sterkte en hou aan die Here vas dit is al waar ons krag vandaan kom.

  • Rina

    Het Amor bietjie Botox gehad? Sy lyk baie "opgeblaas" in die nuutste Huisgenoot… Vra maar net

  • Merchell Lombard

    Mense moet ophou klippe gooi na Joost toe. Ja hy is nie ‘n engel nie en wat hy gedoen het is baie verkeerd maar wat het daartoe aanleiding gegee. Niemand bly saam met Amor en Joost agter geslote deure nie. As ‘n man of vrou die ander een verneuk moet daar redes wees. Nie net Amor huil nie maar Joost het opreg berou wat hy gedoen het. Dit het baie van hom as man geverg om op TV te erken hy was die een in die Video. Wie is die wereld om hom te kruisig. Die Here is al een wat hom kan straf eendag. Jy wat klippe gooi onthou vee voor jou eie deur en los ander mense se privaatheid uit.

    As Amor of Joost enige selfrespek het en respek het vir hulle onskuldige kinders dan moet hulle hulle ???? wasgoed agter geslote deure hou.

  • Mandie

    Soos di ou mense geglo het – 1 keer ‘n rondloper altyd ‘n rondloper!!Ek voel net baie jammer vir di kinders, dis so asof joost en amor elke week in ‘n tydskrif of in di koerant wil wees met di nuutste nuus!!! A nee ah, sort julle persoonlike goed by di huis uit.