Ons praat met

Hoe gaan dit met Muriël Lategan, Dozi se eks?

[box:full:grey:both]

TOE:

[/box]

“Ek is steeds lief vir Dozi en verlang na hom. Jy hou nie sommer van een dag tot die volgende op om lief te wees vir iemand nie. Ek het verlief geraak op sy aura.” (SARIE, Maart 2009)

[box:full:grey:both]

NOU:

[/box]

“Die lewe eindig nie ná egskeiding nie. Ek het ’n harde les geleer ná my ervaring met Dozi, maar ek het beslis weer vertroue in die liefde.”

Dié fyn blondine van Moorreesburg in die Swartland het in Maart 2009 in ’n onderhoud met SARIE vertel van haar egskeiding van die sanger Dozi. Nadat sy haar trouring afgehaal het, het sy met net ’n tas klere en haar motor uit die huwelik van ’n jaar gestap.

Maar Muriël se oë blink weer. In Julie 2011 het sy Jannie Visser, ’n sakeman van Wolseley, op ’n troue ontmoet.

“Hy is tipies Boerseun: plat op die aarde, verskriklik snaaks, hy het die mooiste groen oë, ’n praglyf van kroon tot toon, hy laat my lag, hy bederf my deur die manier waarop hy na my kyk en gee my bottervliegies in my maag.”

Sy het al sy ouers ontmoet en hulle hou almal van mekaar. En vandag is sy baie dankbaar haar lewe het só uitgewerk. “Die lewe saam met Dozi was nie vir my nie. My lewe as spysenier op Moorreesburg, waar die mense my aanvaar soos wat ek is – ’n malkoppie – is iets wat woorde nie kan beskryf nie. Die plattelanders was só goed vir my
 ná die egskeiding, dat ek soms byna vergeet het ek is geskei.”

Sy vertel sy het Dozi onlangs by Skouspel by Sun City vlugtig in ’n kroeg gesien sit, maar hulle het nie gepraat nie. “Ons het geen kontak nie. Ek het my skoolgeld betaal, maar ek is nie kwaad vir Dozi nie. Ek besef nou weer hoe lekker dit is om verlief te wees – en ek het iemand gekry wat my baie spesiaal laat voel.”

  • Yvette

    Lees bietjie

  • Sonja

    So bly vir Muriel se part dat liefde weer haar pad gekruis het. So ‘n pragtige borrelendeplat op die aarde mens verdien om gelukkig te wees. Neem die trou ding volgende keer baie stadig. En na Dozi kyk ek met heeltemal ander oe.
    Voorspoed Muriel.

  • Sam

    Jy verdien om gelukkig te wees M. Voorspoed met jou nuwe liefde.

  • Gerda

    Na alles wat ‘n mens al van Dozi gelees het, weet ek jy verdien iemand heeltemal anders. Voorspoed op jou pad toegewens.

  • RIA LOURENS

    Het so dikwels al gewonder wat van Muriel geword het en nou’s ek bly sy kry weer ‘bottervliegies’ op haar maag. Voorspoed kind – trou is voorwaar nie perde koop nie, maar hoe weet mens wanneer jy reg is? Selfs ek wonder nog steeds.

  • Myra

    Myra
    Ek was nou die Maart 2012 in Moorreesburg het vir Muriel in die oulike eetplek en slaghuis gesien sy was so vriendelik wat ‘n pragtige vrou…ek dink sy is nou baie gelukkig……

  • MARIE-LOUISE SCOTT

    SO BLY VIR MURIEL! GOD SE GENADE IS BAIE GROOT. EK IS BAIE BLY HY HET JOU TRANE AFGEDROOG EN JOU NUWE LIEFDE. JY IS LIEFLIK EN EK IS BLY OOR DIE BOTTERVLIEGIES. GENIET ELKE OOMBLIK

  • Tilla

    Dien die HERE saam die res sal vir julle bygevoeg word.Groot toekoms vir julle.

  • Alta Jonker

    Sterkte Muriel jy is ‘n pragtige mens.

  • CHRISPA HAMEL CLOETE

    Eers wanneer mens gelukkig is met jouself – en nie ander mense nodig het om jou gelukkig te maak nie, eers dan is mens eintlik die eerste keer gereed vir ‘n verhouding.
    Mens moet maar hierdie lesse leer – dis moeilik, en ons skop maar erg daarteen, maar uiteindelik was dit maar die beste.
    Sterkte

  • Dorothy

    Baie bly die vrou het vrede gevind. Sy is pragtig en ek wens haar voorspoed.