nel_5543
Ons praat met

Hoe goed ken Heinz en Aletté-Johanni Winckler mekaar?

Sarie.com het gaan uitvind hoe goed die tweetjies mekaar ken. Ons het vir albei afsonderlik dieselfde vrae gevra – en hier is hul antwoorde: 

Wat is Heinz se “guilty pleasure”

Heinz: Pizza, rooiwyn en sjokolade op ‘n Vrydagaand.

Aletté-Johanni: Vrydagaand se DVD’s, pizza en baie tjoklits.

Wat is Aletté-Johanni se gunsteling-maaltyd?

Heinz: Sy is mal oor haar rooivleis, maar ek dink haar gunsteling-kos is tipiese Sondagvleis, rys en aartappels.

Aletté-Johanni: Boerekos.

Wat is Heinz se gunsteling-liedjie?

Heinz: My all time-gunsteling is Dance With You van Live en op die oomblik Rolling In The Deep van Adele.

Aletté-Johanni: Far Away van Nickelback.

Wat is Aletté-Johanni se gunsteling-boek?

Aletté-Johanni: The Shack deur William P Young.

Heinz: The Shack deur William P Young.

Hoeveel kinders wil julle nog hê?

Heinz: Twee.

Aletté-Johanni: Twee.

Wat is Heinz se grootste wens?

Heinz: Om my doel op aarde ten volle uit te leef as man, pa, sanger en in my rol waar ek die nuwe generasie sangers oplei.

Aletté-Johanni: Om ’n internasionale loopbaan te he!

Waarheen wil Aletté-Johanni die heel graagste reis?

Heinz: Hawaii en Suid-Amerika.

Aletté-Johanni: Hawaii en Suid-Amerika.

Wat is Heinz se gunsteling-kos?

Heinz: Pizza, of filet-steak.

Aletté-Johanni: Pizza, of filet-steak.

Wat is Aletté-Johanni se grootste wens?

Heinz: Om sonder pyn te leef. Sedert ‘n ongeluk jare gelede en weens fibromialgie het sy gereeld spierpyn in haar rug.

Aletté-Johanni: Om my kinders groot te maak met waardes en normes en dat hulle mense sal liefhê en dat hulle die Here sal dien met alles wat hulle is!

Wie is die stylvolste vrou op aarde?

Heinz: Jennifer Aniston.

Aletté-Johanni: Minnette Oliver (van SA IMAGE wat my opgelei het as voorkomskonsultant).

Wat is Heinz se gunsteling-kleur?

Heinz: Groen/blou.

Aletté-Johanni: Turkoois en blou.

Beter as dit kan twee mense mekaar nie ken nie! Baie geluk julle twee!