Ons praat met

Hoe maak Leah reg vir die somer?

Die somer is om die draai en vir die meeste van ons beteken dit nou ’n ernstige skoonheids- en fiksheidsroetine om goed te lyk op die strand. Ons gesels met bekendes oor hoe hulle hul lyf somergereed kry.

Leah is die nuwe ster van die Afrikaanse musiekfilm As jy sing. Dié 26-jarige model, aktrise en sangeres trou een van die dae en deel haar wenke vir ’n somerlyf met ons.

LEER MEER OOR LEAH HIER

Wat dui die begin van somer vir jou aan?

Wanneer ek die witste is van almal as ons die eerste keer see toe gaan.

Wat is die lekkerste van somer vir jou?

O, daar is baie! Ek is ’n absolute somer-mens. Op die stoep sit met ’n wyntjie, die see en roomys, buite wees, swem, vrolike rokkies en en en!

Leah as Rapport se Model van die Jaar

Leah as Rapport se Model van die Jaar

Beste somer-herinnering?

Kersfees om die swembad, verlede jaar s’n was ’n wenner.

Hoe berei jy voor vir die somer?

  • Hierdie jaar is die antwoord trou-stres en opwinding! Ek kom maar min by die gim uit, maar op een of ander manier verloor ek gewig al eet ek so baie!
  • Ek was nog altyd ’n danser en ek sit ook nie baie stil nie, ek is heeltyd aan die gang.
  • Ek gaan gereeld vir ‘facials’ en gebruik baie natuurlike produkte op my gesig. Ek het maar ’n probleemvel gehad, daarom kyk ek nou baie mooi na my vel.
  • Ek probeer ook deur die dag minder grimering dra.

Leah LeaniHoe belangrik is jou somerlyf vir jou ?

Ek wil heeljaar goed lyk én goed voel, so vir my is dit net belangrik om altyd seker te wees ek is tevrede met myself, ongeag watter tyd van die jaar dit is.

Top-wenk vir die somer?

Ek sal nie heeldag in die son lê nie. So lekker soos wat dít is, is dit sleg vir jou vel. Ek het al baie rooi gebrand, daarom het ek nou al mooi geleer!

Lees hoe nóg celebs vir die somer voorberei: