Ons praat met

Hoe’t jy gevoel toe…(Charlene Truter)

Die sangeres en TV-aanbieder Charlene Truter bly die afgelope 10 maande in Duitsland. Haar man, Thomas Morick, werk as inligtingstegnologie-raadgewer in Europa.

“Ek was bang ek maak dit nie. As jy só ’n groot stap neem, moet jy ’n mate van vrees hê. Nie ’n verlammende vrees nie, net ’n bewustheid wat jou gefokus hou. In die skrywer Paulo Coelho se woorde: ‘Dankie vir my twyfel. Dit leer my om akkuraat na ’n situasie te kyk en versigtig te trap.’

Ons woon in Berlyn. Ek geniet dit om op ’n trein te klim en binne ses of agt uur in Amsterdam of Parys te wees. Dis asof ek my vingerpunte op soveel verskillende kulture het.

Die eerste paar maande hier was ’n sabbatical. Ek was geweldig besig in SA en wou eers net op myself fokus. Nou tree ek weer as sanger op. Dis moeiliker om uit te staan hier. Jy moet jouself regtig goed verkoop om raakgesien te word.

My grootste aanpassing was om weg van my familie te wees. Dit was ook ’n aanpassing vir my en Thomas om so dikwels saam te wees. In SA was ons vir lang tye weg van mekaar omdat hy baie in Duitsland gewerk het. Ons beleef dit positief, al is dit ’n groot verandering.

Ek verstaan basiese Duits en leer die taal elke dag. En ek lees Duitse koerante terwyl ek met ’n woordeboek langs my sit. Ek weet nou ek kan myself vertrou om verandering te verwerk en dat ek die innerlike krag het om ’n groot skuif te maak.

Hoewel ek sing, is dit nie amptelik my loopbaan nie. Dis my hartspassie en dis lekker. Ek hoop om in die toekoms ’n ambassadeur vir SA te wees en ons land se beeld in Duitsland uit te bou. Niks kan jou geboorteland vervang nie, maar Duitsland het nou my huis geword.”

* Vir meer, kyk by www.charlenetruter.com.

In die November-uitgawe van SARIE, vanaf 12 Oktober te kry, vra ons ook vir Heinz en Aletté Winckler, akteur Andre Jacobs en meer oor hulle gevoelens…

  • pTufSQ zlbcoctidjnx, [url=http://witxwfgrydrj.com/]witxwfgrydrj[/url], [link=http://mqixwomeziki.com/]mqixwomeziki[/link], http://bcwfbweqmoar.com/

  • trzzlxsqp

    Ljsz6m avgnpsgrvapf, [url=http://qtpbgnkxjrmt.com/]qtpbgnkxjrmt[/url], [link=http://wxxkfewjjvdy.com/]wxxkfewjjvdy[/link], http://lqnoqeitziyw.com/