Ons praat met

Hoofrol in ‘n fliek en nuwe CD vir Kaptein Kurt

Hy kan ongelukkig nog nie die naam van die rolprent noem nie, maar sê dit is ‘n plaaslike produksie wat in Suid-Afrika, België en in Holland uitgereik gaan word.

Kurt is sommer baie opgewonde oor sy CD van 15 snitte wat ballades en lekker dansmusiek gaan bevat.

‘n Spioen wat in die studio een van die opnames gehoor het, sê: “Hier kom weer treffers!”

Dit gaan goed met onse Kaptein. Sy Musieksterre-plakboek vlieg van die rakke af, sê hy.

“Ek gaan einde vanjaar ook debietkaarte met sterre se foto’s op uitbring.” Kunstenaars soos Kurt self, Romanz, Nicholis Louw, Pieter Koen, Mathys Roets, Snotkop, Ray Dylan, die Campbell’s, Gerrie Pretorius, Anna Davel, Chris Chameleon, Amor Vittone en nog ‘n hele rits kunstenaars gaan op die kaarte verskyn.

Kurt het ‘n bedrywige maand agter die blad. Hy het ook by die Gariepfees opgetree, aan ‘n liefdadigheidsprojek deelgeneem, foto-sessies vir sy CD gedoen en die nuwe CD voltooi.

September was baie bedrywig vir Kurt tot dusver, só laat weet hy op Twitter

Kurt in die studio 9 September: “Laaste dag in die studio, baie opgewonde oor die nuwe CD!! Skiet more die cover in die Kaap!!”
Kurt skiet sy voorblad-sessie 12 September: “Nuwe CD-shoot”
Kurt speel gholf op Mauritius

15 September: “Gholf in Mauritius saam met, Percy Montgomery, Darryl Cullinan, Derek watts en ons coach Don Gammon. Awesome!”

  • Die foto van Kurt is pragtig, ek kannie wag vir sy nuwe CD nie!! Hy bly my gunsteling sanger!!!