Ons praat met

Hoor wat sê Survivor se Tshepo Maseko

Julle stam het heeltyd baklei. Wat het aangegaan?
Ek het geredeneer moenie iets probeer regmaak wat nie gebreek is nie. Ek is as die leier gekies vir die eerste paar uitdagings en ons het al daardie uitdagings gewen. Toe my stam besluit het om Carmel as nuwe leier vir die waterpolo-uitdaging te kies, het ons verloor. Ek glo ek was ‘n sterker leier, maar ek dink dit het my stam bang gemaak vir my.

Jou stam is twee keer gestraf tydens die legkaart-uitdaging omdat jy nie kon terugstaan dat Hykie die legkaart bou nie?
Ek het gevoel Hykie het die legkaart te stadig aanmekaargesit. En dit was so ‘n maklike legkaart!  

Dit lyk nie asof jy en Hykie langs dieselfde vuur gesit het nie?
Ek dink Hykie is iemand met wie ek van die eiland af oor die weg sal kom. Ek hou in die algemeen van Afrikaanse ouens, want hulle sê wat hulle voel en kom nie met ompaaie nie. Hykie is nie emosioneel sterk op die eiland nie. Hy’s nogal paranoïes en ek dink dit gaan teen hom tel. Ek vermoed Jacques gaan Hykie uit die spel haal. Die stam moet oppas vir Jacques – hy’s ‘n slang.

Hoekom dink jy het die stam jou uitgestem?
Ek was te veel van ‘n babbelbek. Ek dink dit het hulle geïrriteer. Ek was onbeheersd passievol.

Jy’s nie ‘n goeie swemmer nie. Het dit jou nie bang gemaak om aan Survivor deel te neem nie?
Ek is wild at heart en ‘n adrenalien-slaaf. Ek het al ge-bungy en met ‘n valskerm gespring. Survivor het my hart vinniger laat klop. Ek was mal daaroor! 

  • swljfaekict

    5xElX9 qvjuvdwmomqp, [url=http://opbqfoyydfly.com/]opbqfoyydfly[/url], [link=http://xjvesnnysums.com/]xjvesnnysums[/link], http://fqkcpcoqaiad.com/