Ons praat met

Húlle deel ‘n verhoog met Laurika

Johan Oberholzer en Wilmaré Rautenbach is die stemme agter die treffer, Laaste Asem, wat nou veroorsaak dat Hulle op almal se lippe is. Hulle het al op laerskool ontmoet en eers jare later begin saamsing. Die trefferduo is pas deur Laurika Rauch gevra om saam met haar in haar vertoning, Nuwe Temas, by die KKNK op te tree. Hulle gaan ook in Bloemfontein te wees saam met Laurika. En daar volg binnekort ‘n realiteitsreeks op kykNET. Hier’s ‘n video van hulle kuier saam met ons by die SARIE-stalletjie.