srstocksielsdinge
Ons praat met

Hulle sien kans vir eerstes …

Koos van der Merwe, SARIE-rubriekskrywer en lid van die sanggroep Prophet se eerste solo-album Ter wille van die opdaag word in Februarie uitgereik. Die liedjies het ontstaan agter die klavier – nóg ‘n eerste. (Koos het in Desember 2007 besluit hy wil ernstig leer speel.) “Toe ‘n platemaatskappy my nader, was ek onwillig, maar toe kom ek agter ek hét goed wat werk. Ek’s so ingenome daarmee. Ek hoop mense sal op ‘n manier die opdaag van die Here ervaar,” sê Koos.

Laurinda Hofmeyr gaan vanjaar haar eerste solovertoning – Laurinda Hofmeyr – Asof vir die eerste keer, met slegs ‘n vleuelklavier aanpak. “Ek het nog altyd geglo musiek is bedoel om saam met ander te maak. Maar vanjaar wil ek werk aan my veelsydigheid as kunstenaar en om ‘n eenvrouvertoning te ontwikkel. Ek het weer begin om klavier- en sanglesse te neem. Dit voel asof ek vir die eerste keer gaan optree!” Laurinda kry haar inspirasie van Boerneef tot Breytenbach.