sr0909selfhoof_1_
Ons praat met

Idols se Liezel en haar suster Monique – Wat jy nie geweet nie…

Deur dik en dun

Liezel: “Ons sê dikwels ons moes eintlik ‘n tweeling gewees het, omdat ons so ‘n sterk band het. Ons weet wanneer die ander een iets slegs ondervind nog voor ons dit vir mekaar vertel. Ons begin soms albei lag voordat ‘n woord gesê is, en het al op ‘n kol gelyktydig bedank sonder dat die ander dit besef het! Ons is openlik met mekaar, bespreek alles en staan mekaar by.”

Monique: “Toe ons ouma Nesta voorverlede jaar aan kanker oorlede is, was ons elke dag daar vir mekaar. Daar is ook sekere goed wat ek net met Liezel sal bespreek, niemand anders nie.”

Lekker saamwoon

Liezel: “Ek is dikwels weg of op reis vir werk en ons sien mekaar skaars, maar ons bel en praat gereeld deur die dag. Omdat ons saam grootgeword het, verstaan ons mekaar se gewoontes en is lekker huismaats.

“Ons het snaakse rituele, soos om saam ons grimering te doen as ons uitgaan. Ons trek dikwels dieselfde uitrustings aan, net in verskillende kleure, maar mense kom dit nie agter nie. Ons noem onsself spottenderwys die resessie-susters. Tye is swaar, jy kan nie heeltyd nuwe goed koop nie, ons dra gereeld mekaar se klere. Net nie skoene nie – my voete is baie groter!”

Eenders maar anders

Monique: “Liezel is baie outgoing, ek is baie stiller. Ek bewonder my sus vir haar lojaliteit. Sy is liefdevol, wonderlik, en het baie selfvertroue.”

Liezel: “Ons persoonlikhede is so verskillend en tog so dieselfde. Ons lag vir dieselfde goed, ons het dieselfde stokperdjies soos gholf en swem. Maar ek is beslis luidrugtiger, sy is die nadenkende een. Haar beste eienskap is haar toewyding – sy het so ‘n sterk wil, sy is vasberade en kan enigiets doen.”

As dinge verander

Monique: “Ons verhouding gaan deur seisoene, maar dis goed, so groei ‘n mens.Toe Liezel bekend geraak het, het dit ons net nog nader aan mekaar gebring.”

Liezel: “Sedert ek in die vermaaklikheidsbedryf is, het my lewe verander. Maar regdeur alles was Monique daar vir my, ook in die moeilike tye waar ek gewoond moes raak aan kritiek in die media. Sy het my geleer om dit in perspektief te stel en eerder die snaakse kant te sien. My pa is ook so. Enigiets wat met ons gebeur, sal ons band net hegter maak.”

Monique: “Ek trou volgende jaar, maar ek glo ook dít sal nie ons verhouding verander nie. My aanstaande is in elk geval al vier jaar lank deel van ons familie.”

Wat ons nou weet

  • Kommunikasie is die sleutel: Soms is ons besig en werk neem oor, maar dan maak ons ‘n punt daarvan om stil te staan en te gesels.
  • Ons is baie na aan ons ouers, aan ons hele familie. Die fondament wat ons ouers gelê het, is waarop ons vandag steeds voortbou. Die lekkerste gesinsritueel is daardie saam ontbyt eet as ons tuis is.
  • Ons is trots op en ondersteun mekaar. Ons is selde kwaad vir mekaar. Maar as dit gebeur, bel ons mekaar, praat daaroor en lag lekker.
 

  • Heila

    Hoe gelukkig is julle twee nie om so n wonderlike verhouding te he nie – dink daar is baie van ons wat smag na n band met ons susters (en broers)..Ek wil nogal dink die sleutel vir so n mooi verhouding is respek en om trots te wees op mekaar!

  • http://mflhplbjyxel.com/ xqhyyhgr

    r1VIsW pymocugzgpfh, [url=http://xwzkxwcjbjqq.com/]xwzkxwcjbjqq[/url], [link=http://lnsoktvfhvoi.com/]lnsoktvfhvoi[/link], http://wbzlnxrlexhn.com/