Ons praat met

Idols se top-10 – só lyk hulle

Die top-10 Idols is pas aangewys.

Hulle is Pieter West, Sindi, Gail, Lloyd, Bongi, Adeline, Jamie-Lee, Boki, Elvis Blue en Jess.

Eerskomende Vrydagaand 3 September gaan die top-10 saam met die Idols-band by die Mosaïek Teatro in Fairlands, Johannesburg. Kaartjies is beskikbaar by Computicket vir R40 en R20. Die spesiale gas-beoordelaar is Kahn Morbee van The Parlotones, wie reeds in Johannesburg se uitdunrondtes ‘n gasbeoordelaar was.

Wie’s jou gunsteling Idols-deelnemer?

 

  • Dee

    Elke ou verdien ‘n gelyke kans, maar ek is seker geregtig om my eie subjektiewe opinie…. LOL…. Ek voel dat Elvis sommer hierdie week kan wegstap met die titel ‘IDOL’ en die res kan maar huis toe gaan – dis ‘n uitgemaakte saak.

    Hy het soveel harte gewen met sy eerste oudisie dat ek nie dink die ander juis ‘n kans staan nie…. maar soos ek sê – dis my subjektiewe opinie…

  • Tunet Jordaan

    Jan Hoogendyk, bekend as Elvis Blue. Die rede daarvoor is persoonlik en ek deel dit graag. Lank terug, toe ek jonger was en Suid Afrikaanse musiek begin ontdek het, het Jan/Elvis bekend gestaan as Mono, met liedjies op die radio en ‘n musiek video op die televisie.

    ‘n Rukie daarna het ek my eerste kerk diens by Mosaiek bygewoon en tot my verbasing was Jan die voorsanger daar. (Vreemd!) Ek het hom ook eenkeer ontmoet, toe ek en ‘n vriendin by haar kerk in linden was (sy ma en stief-pa se kerk). Jan, is regtig ‘n fantastiese mens met ‘n sagte, vriendelike houding.

    Dit is gewis die tipe mens wat ek graag ondersteun en by gesê ek het nog steeds ‘n crush op Jan, al is hy getroud. (Ek hoop om ook so iemand van sy kwaliteit eendag te trou.)