Ons praat met

In die Julie-uitgawe van SARIE, met Angelique Gerber (7de Laan se Clara) op die voorblad

Angelique (Clara in 7de Laan) oor haar tienerstryd teen anoreksie: “Ek wou my pa se liefde wen”
Sy en haar 7de Laan-karakter, Clara, deel dieselfde spontaneïteit en lus vir die lewe. Mar anders as Clara, was Angelique se pad na geluk swaar. Kuier saam agter die skerms by ons Julie-voorblad-fotosessie.

EKSKLUSIEF
Adv. Barbie se ma: “Nou val my lewe uitmekaar”
Jou kind bly jou kind. Susam Lemmer, ma van die veelbesproke adv. Barbie, deel haar gevoelens met SARIE-joernalis Martie Swanepoel, wat ‘n boek oor Cézanne skryf.

7 ster-haarstyle
Jare, seisoene en dekades word dikwels aan hul haarstyle uitgeken. Van sekeres vergeet ons graag; ander bly nuut – soos die wenstyle vir dié winter – die bob, die pixie en die skouerlengte

SARIE in Hollywood
Ons praat met Twilight se Robert Pattinson: Van ‘n onbekende akteur tot ‘n fenomeen binne twee jaar. En waarvoor is hy bang? Foto’s van homself! Kyk die voorprent van die nuwe fliek, Eclipse.

Bob Skrinstad gesels met SARIE Bob Skinstad is trots SA
Hy’t die verbeelding aangegryp met ‘n rugbybal in die hand, en kaal bolyf… Maar deesdae is Bobby SKinstad tuis agter die mikrofoon – en gek oor sokker. Bafana Bafana is juis ys no. 1!
Angelique Gerber - SARIE se voorbladgesig Angelique Gerber (Clara in 7de Laan)
Kom kuier saam agter die skerms van ons Julie-voorbladsessie
Franse Appeltert - Herman wys stap-vir-stap hoe

Kos-inspirasie

  • Herman wys stap-vir-stap hoe maak jy Franse appeltert.
  • Plus soppe van regoor die wêreld – van Frankryk tot Brittanje en die Italianers se minestrone…
Emmanuel Castis oor sy lewe, vrese en hoop Emmanuel Castis, akteur en sanger wat nou in Erfsondes 3 op SABC2 te sien is, praat passievol oor sy werk, sy droom van ‘n fliek saam met Johnny Depp en sy liefde vir diere en kinders.
Woon-inspirasie - plaaslike talent

Woon-inspirasie: Ons eie talent
Terwyl die sokkerwêreld op ons voorstoep kuier, spog ons graag met plaaslike ontwerpers en kunstenaars se kreatiwiteit
PLUS! Kry jou hekel-mosaïek-patroon in dié uitgawe en maak ‘n kombers van gehekelde blommetjies.

Verloor gewig sonder om te dieet

Verloor gewig sonder dieet!
Dis winter en tyd vir tuisgemaakte bredies, cappuccino en lepellê. En sowaar, dís dinge wat jou kan help gewig verloor. Hier’s 15 maniere hoe.


Vroue met energie: Party vroue sit nooit stil nie, hulle laat goed gebeur en hanteer sommer ‘n paar dinge op ‘n slag. Drie vroue deel hul woema-geheime – Sangeres Alta Joubert, spreker Dr. Linda Friedland en regisseur, vervaardiger en tydskrifredakteur Carien Loubser.



  • zkGvwS lizkopgbahmx, [url=http://dvsswuyzitrz.com/]dvsswuyzitrz[/url], [link=http://ztkimobvqkeq.com/]ztkimobvqkeq[/link], http://qpiefzlndlsw.com/