011010coverposternewrz
Ons praat met

Intekenaanbod: SARIE by Aardklop-kunstefees 2010

Jy kan jou OKTOBER-SARIE en SARIE KOS LENTE @ net R35 by die fees koop

SARIE & Mathys Roets se droomvrouens

Die lirieke vir Droomvrouens is geskryf deur ‘n paar mans wat kan sê hoe hulle oor vroue voel. Bekende evas ter sprake is Delilah, Caroline, Lisa en Karla, nuwes heet Madeleine, Marica en Mariëtte, en dan is daar die geïdealiseerde naamlose Liefling, Meisie en selfs ‘n Loslappie! Maar al die vroue het een ding gemeen:

Hulle word hartstogtelik aangespreek, toegesing en besing soos net Mathys kan. Ook met Matthys Maree (klavier) en Rozelle Blackie (stem). Tekskonsultant: Alexa Strachan. Vertonings: 28 Sept. 14:00, 29 Sept. 12:30, 30 Sept. 10:00, 1 Okt. 18:00, 2 Okt. 13:00 – R90, Klipdrift-Elgrosaal. Die vertoning duur 60 minute.

Mathys Roets

Afri-Frans is terug! Ná die uiters suksesvolle landwye toer vroeër vanjaar keer die ongelooflike Myra Maud terug na suid-Afrika om gehore te betower met die Franse verwerkings van ons musiekskatte. Sy deel die verhoog met Anna Davel en Matthys Maree en jy kan jou klaarmaak vir ‘n betowerende en emosionele ervaring.

Vertonings: 28 Sept. 17:30, 29 Sept. 17:30, 30 Sept. 20:30, 1 Okt. 09:00, 2 Okt. 20:30 – R120, Beeld-Totiussaal, 75 minute.

Afri-Frans
Maak ook seker jy sien die verhoog-weergawe van Marita van der Vyver se boek Vergenoeg. Vergenoeg

TEKEN IN OP

SARIE + SARIE KOS (jy spaar R140)
Teken in op 16 UITGAWES (12 SARIE- en
4 SARIE KOS-uitgawes) @ R326. Kies dan uit een van die gratis geskenke by ons stalletjie. Plus:
Jy kry ‘n bottel Van Loveren-wyn, asook ‘n REVLON-produk in jou geskenkpak.
SARIE @ 30% afslag
Jy betaal slegs R254 vir 12 UITGAWES van SARIE – R81 minder as die gewone intekenprys.
Daarby kan jy kies uit een van ons gratis geskenke by ons stalletjie. Plus: Jy kry ‘n REVLON-produk in
jou geskenkpak.
SARIE KOS @ R104
Jy kan ook inteken op SARIE KOS @ SLEGS R104 vir 4 UITGAWES (jy spaar R28) én jy kry ‘n bottel
Van Loveren-wyn, plus ‘n SARIE KOS-inkopiesak van organiese materiaal as geskenk.
SARIE + Lééf met hart & siel @ R487
Jy spaar R196 en kry 24 uitgawes van jou gunsteling-tydskrifte. Kry ook ‘n intekengeskenk van albei tydskrifte.
Koop SARIE BRUID @ R40
Kry die nuutste uitgawe én al die inligting om in te skryf vir SARIE se Bruid van die Jaar-wedstryd.
Koop SARIE GESOND @ R30
**AANBIEDINGS GELDIG TERWyL VOORRAAD HOU. SLEGS VIR AFLEWERING IN SUID-AFRIKA.

TEKEN IN op SARIE KOS en kry ‘n GRATIS bottel van Van Loveren se spog-wyne.

VAN LOVEREN SAUVIGNON BLANC
Dis ‘n vrugtige droë witwyn met ‘n tipiese gras-karakter. Aromaties en volrond met die geur van spanspek en vye. heerlik saam met romerige pastageregte, tuna, salm, hoender en ham.

CABERNET SAUVIGNON/MERLOT
‘n Houtverouderde versnit met ‘n ryk robynrooi kleur en warm aromas van sigaarboks, donkersjokolade en ‘n titsel ment. Ideaal by lamsboud, wildsvleis of biefstuk.

Revlon-maskara Kunstenaars van REVLON sal sorg vir vuurwarm flair by Aardklop – jou persoonlike fees-grimering! 5 gelukkige SARIE-lesers kan elk ‘n REVLON-geskenkpak van R2 000 wen.
  • Koop jou SARIE by die fees om ‘n inskrywingsvorm te kry.
  • Teken in op SARIE en kry ook ‘n gratis REVLON-produk.