sr0710mystorieirene01
Ons praat met

Dogter Irene-Louise en sanger Nianell se huldeblyk aan Irene van Wyk


It feels so unreal is die titel van die liedjie wat sy vroeg in volgende jaar saam met Nianell gaan opneem.“My pa (musiekpromotor Louis van Wyk) en Nianell is al vir jare lank vriende en sy het ’n fantastiese stem, ek sien baie uit daarna om saam met haar te werk,” vertel Irene-Louise.

“Ek het die woorde so paar maande gelede geskryf. My pa het toe voorgestel dat ons dit vir Nianell stuur om dit te toonset. Sy het toe so baie daarvan gehou dat sy dit self opgeneem het.”

Die eerste keer toe Irene-Louise Nianell die woorde hoor sing, was sy baie emosioneel. “Ek het my oë uit gehuil toe ek daarna luister, en dit is steeds vir my moeilik om dit te oefen sonder om te huil.

“Soms sal ek net huil om die pyn en hartseer uit my binnenste uit te kry, maar ander kere besluit ek om maar eerder die liedjie af te sit en op iets anders te fokus voor ek weer daarmee oefen vir die opname.”

Dit is vir haar verskriklik spesiaal om die liedjie vir haar ma te kan sing, want van haar eerste ervarings as sanger was saam met haar ma op die verhoog as klein dogtertjie.

“Die liedjie sê presies hoe ek voel, dit som alles perfek op en dit is nie woorde wat ek net uitgedink het nie, dit is my hart se woorde.”


Die woorde van die liedjie wat Irene-Louise vir haar ma Irene van Wyk geskryf het.

 

It feels so unreal
 
i can still remember the last day i saw your face
cause the image in my head is playng over and over again
i remember saying things i didnt mean to say
and it hurts knowing ill never see my best friend ever again..
 
Chorus
oh i wish i could explain the pain i feel
cause it feels so unreal
wiil these scars ever heal
when it feels so unreal
how do you say wat you feel
when it feels so unreal
it feels so unreal…
 
And I dont know how i dont know why you had to leave
before i had a chance to say that I love you, i love you mama
since you gone away my tears are endless, i miss you so
and im sorry that i took my time in showing you, letting you know
 
Chours 
 
it feels so unreal x2
 
chorus x2
 
it feels so unreal…
 

  • Ria Venter

    AOngelooflik aangrypend, ek sit ook hier saam met jou en huil, Irene-Louise, die pyn kan ek nie so intens voel soos jy nie, maar ek voel tog jou pyn. Ek hoop en bid dat jy erens ‘n mate van berusting sal vind.

    Alle sterkte met hierdie projek, jy kon nie ‘n beter keuse gemaak he as Nianell om dit saam mee aan te pak nie.

  • Bernie da Silva

    My heart goes out to you Irene-Louis, the words are beautiful, i too lost my precious Son at the age of 20 but do you know what they are so close to us watching over us. The best of luck with the song and i look forward to hearing it. I adore Nianells music, saw her last night at Centurion at carols for christmas. Sterkte. Luvies Bernie.

  • http://telkomsa.net Rita

    Ek stem saam dat jy nie beter kon kies as om Nianell te vra nie. Ek voel jou pyn, ek het my dogter en kleindogter in ‘n motorongeluk verloor in 2007 en ek wens ook dat ek ‘n kans gehad het om vir haar te kon sê hoe lief ek haar het. Hierdie liedjie se woorde is so mooi dit kon net sowel vir my dogter bedoel gewees het. Sterkte !!!! Ek voel jou pyn.

  • Sandra van Heerden

    Dit is die grootste bewys van liefde vir ‘n moeder. Ek onthou jou ma as skooldogter toe ek in die afrikaanse klas gesit het en sy ingestap het in haar matriek drag – sy het so ‘n sterk persoonlikheid gehad en het dadelik ‘n indruk op almal gemaak. In die kerk koor het sy ons ander se stemme laat kwyn met haar sterk stem. Sal haar altyd onthou as die vrou met die sterk stem en net so ‘n sterk persoonlikheid.

  • Tresa Peo

    Iren-Louise, dit is Awesome mooi, mag die Here jou help om al jou seer teverwerk en jy vredevind in die wete dat jy weer jou mamma eendag sal sien. Mag Jesus self al jou trane afvee.God Bless.

  • poplap

    Dis baie soos n hoerskool dogter se gediggie in n dagboek. En dit help dat haar pa is wie hy is sodat n regte sangeres die liedjie sing. Ek het ook n ma verloor, en ken die pyn, maar niemand wil my gediggies sing nie. Want my pa is nie n musiek promotor nie. I mean, really.

  • Desiree

    My hart het gebloei vir Irene toe sy sterf het my trane net aan een gevloei

  • Martie Swanepoel

    Poplap en Anna, Ons kan nie ander oordeel as ons nie hulle seer gevoel het nie. Maak nie saak of julle van die gesin hou of nie. Seer is seer. Hoekom probeer om die dolk dieper in te druk?

  • armosyn

    It feels so unreal.. dat die middelmatige gediggie nou n liedjie kan word wat n sangeres soos Nianel gaan opneem. Ek stem. Dit gaan maar oor connections, ne? Dis nou nie dat ek goor wil wees nie, maar nepotisme stink maar altyd, maak nie saak onder watter vaandel dit gebeur nie. Net soos Bles se dogter ook nooit moes gesing het nie.

  • Susan van Zyl

    Poplap & Anna… waaroor die artikel lees as julle snedige aanmerkings maak? Het die gesin nie al genoeg seer nie… en seergekry in die verlede nie? Weet julle, dieselfde son wat oor julle skyn, skyn oor hulle ook en dieselfde God wat julle lief het, het hulle net so lief. Ag nee man, los die mense uit. Irene was n uitstekende sangerres – vir die wat mooi musiek kan waardeur… dink aan "Wie is die vrou in jou arms vanaand"…
    Iren-Louise ek het ook n mamma verloor, 5 jaar terug en dit is nog baie eina… sterkte en bid vir jou… JOU LIED IS PRAGTIG

  • Karin

    EK is regtig geskok oor die katterige kommentaar wat ek hier gelees het. Irene het ‘n stunning, gevoelvolle stem gehad. My eie ma is oorlede en ek het baie begrip vir Ireme-Louise se hartseer!

  • Sandra

    Armosyn – jy kan wraggies nie sunet met irene vergelyk nie, want daar is geen vergelyking nie. Konneksies of geen konneksies – dit maak nie saak nie. Dit gaan oor ‘n dogter se seer oor ‘n moeder wat nie meer daar is nie.Party mense kry kanse en ander skep kanse….elkeen is ‘n plekkie in die son werd en die oordeel kom nie die mens toe nie. Sien liewer die goed raak in ander en as jy nie ‘n goeie woord kan se nie…bly dan liewerste stil.

  • Marlene Spies

    Net iemand wat ‘n geliefde, of geliefdes aan die dood afgestaan het, sal verstaan….my ma leef nog, maar my man met wie ek ‘n jaar getroud was, is onverwags oorlede. Soms huil ek hardop oor hom, ander kere is die huil diep in my hart, waar dit so onbeskryflik seer voel. My skattebol se stem is stil, maar elke herinnering is soos ‘n foto in my gedagtes. Niks kan jou op die skok voorberei nie, want een oomblik het ons soos elke ander aand in mekaar se arms aan die slaap geraak en die volgende oomblik was ek alleen en sy aardse teenwoordigheid vir altyd weg. Sterkte aan Irene-Louise en almal wat vir Irene lief was, soos ek vir my Janneman.

  • irene-louise

    Hi daar almal, baie danq vir die mense wat net mooi goedjies gese het ek wardeer dit rerg baie. Vir dai mense wat ni iets mooi gehad het om tese ni soos die 1 mens "sy moes nooit gesing het ni" as julle ni mooi gud het om tese ni se eder niks, as julle ni van my ma gehou het ni hukm het j di artikel gelees?? My ma was n stunning mens, my beste vriendin en die beste ma enege kind voor kan vra, en nu is sy die engel wat agter my kyk. Ek se weer danq vir die mense wat mooi goed gehad het om tese oor my ma, ek weet my mamma sit in die hemel en glimlag vir al die mooi goed wat gese was. Dankie irene-louise xoxo

  • V Coetzee

    Poplap et al,

    Het jy al na die woorde van ‘n Kurt Darren song soos ‘Kaptein, span die seile’ geluister? Doen jouself ‘n guns, voordat jy hierdie meisiekind se huldeblyk aan haar ma as middelmoot afmaak. Die feit dat haar pa ‘n promotor is beteken maar net sy’t toegang tot mense soos Nianell (seersekerlik het haar pa oor die jare genoeg vir kunstenaars gedoen om ‘n guns te mag vra). Ek reken as jy toegang het tot mense soos Nianell wat jou kan help om so iets op ‘n BEHOORLIKE manier te doen dan doe zo voort. Ek dink die eindresultaat kan amazing wees met die regte mense om te help met so ‘n projek. Ek het ook al mense na aan my verloor, maar beteken nie ek is self talentvol genoeg om so iets aan te pak nie.

    Ons wag in spanning om te hoor hoe die song gaan klink. Die lirieke is klaar aangrypend!

  • http://www.facebook.com/irene-louise irene-louise

    kan vra, en nu is sy die engel wat agter my kyk. Ek se weer danq vir die mense wat mooi goed gehad het om tese oor my ma, ek weet my mamma sit in die hemel en glimlag vir al die mooi goed wat gese was. Dankie irene-louise xoxo

  • elma nel

    Irene-Louise EK IS SO TROTS OP JOU ! ! ! ! Jy hanteer hierdie jaloerse mense wat in elk geval NIKS goed te se het oor enige iets met volwassenheid wet jou jare oortref Dit reflekteer weereens op wat se goeie agtergrond jy het JY IS N PRAGTIGE MENS MET N GOUE TOEKOMS geniet ELKE oomblik van jou lewe

  • Karen

    Wel, ek dink Irene het ‘n stunning stem gehad. Smaak verskil wel maar mens kan hoor as iemand kan sing, en Irene is een van die wat kon.
    Bles se dogter, volgens my, nog bietjie lesse nodig.

  • dcflergl

    ZDrdTN nmskanwhiyai, [url=http://ftgmeodukoht.com/]ftgmeodukoht[/url], [link=http://ymyoewurwzff.com/]ymyoewurwzff[/link], http://mqrucwmzwzub.com/

  • aboyvtfglqb

    WNbIYu jwtuivnmbymn, [url=http://vzurufozrstb.com/]vzurufozrstb[/url], [link=http://owuyipnpflwi.com/]owuyipnpflwi[/link], http://lujdmcfmebjr.com/