Ons praat met

Irene van Wyk se laaste CD: Hoe dit haar dogter laat voel

Irene-Louise (Rienkie) van Wyk (17) het einde 2009 vir die eerste keer haar ma, Irene van Wyk, se laaste CD in haar hande gehou nadat Irene op 12 Oktober in ’n motorongeluk oorlede is. Irene-Louise kon egter nog nie die moed bymekaar skraap om na die CD te luister nie.

“Ek het in ons grootskerm-kamer gesit toe my broer, Vaughn, my roep om na die CD te kom kyk. Ek was meer bly as wat ek hartseer was toe ek dit sien, want ek het besef my ma se stem sal nooit stil wees nie.

Ek het nog nie daarna geluister nie en my pa (Louis van Wyk) en my broer kon dit ook nog nie regkry nie. Dis te erg. Ek het op Oprah gehoor as jy die stem hoor van iemand wat dood is, is dit ’n sneller wat jou laat huil. Ek het nou die dag by ’n optrede van Dozi begin huil. My ma was ’n agtergrondsanger vir hom en toe die CD met die agtergrondmusiek speel, het ek haar stem herken.

Dalk luister ek oor twee jaar na die CD en huil nog steeds. Ek weet wel hoe van die liedjies daarop klink, ek het hulle al gehoor, maar ander is nuut. My gunsteling-liedjie is ‘Wie’s die vrou in jou arms vanaand’. Steve Hofmeyr het dit vir my ma geskryf. Sy het dit met soveel passie en emosie gesing.

Sy’t dit een keer by ’n optrede van Steve by Carnival City gesing, ek dink dit was so twee jaar terug. Die saal was vol mense. Ek het van blydskap gehuil. Ek’t gedink: Wow, dis my ma! Ek was so trots op haar.

Ek en my pa het Kersfees nog altyd saam deurgebring. Dit was egter moeilik om nie nou vir my ma iets te kon koop of haar te kon bel nie. Ek mis soveel dinge van haar: haar stem, haar lag, ons geselsies . . . Tog voel ek rustig oor haar dood. Ek weet sy’s nie heeltemal weg nie. Ek kan haar nog by my voel.”

  • Hyla

    Liewe Rienkie, ek het so-pas klaar gehuil (vir die soveelste keer!) oor my moeder wat die 30 Mrt oorlede is – stem hoor of te nie, dis hartseer en die verlange nou erger as ooit.. ek wil haar ook heeldag bel want sy bly nou alte lank weg en ek verlang so na haar. Daarom wil ek jou troos met die woorde: jy mag maar huil Rienkie want so raak jou liggaam ook ontslae van die seer wat jou liggaam vergiftig…. wat ook help is maak n plakboek, iets vir jouself – jy hoef dit met niemand te deel nie en blaai daardeur as die verlange te groot word.Jou ma was voorwaar n ster – lank lewe Irene van Wyk… baie sterkte aan jou en die familie…

  • FYjdbw cbhwbfbtrxgs, [url=http://mmldicvezxwh.com/]mmldicvezxwh[/url], [link=http://fyfuailvtgoa.com/]fyfuailvtgoa[/link], http://warrjkbebnas.com/