Ons praat met

Ivan Zimmermann oor sy nuwe album

Ivan Zimmermann het nog altyd geweet sy woorde op papier sal eendag op ‘n album gehoor word. Hierdie droom is vanjaar verwesenlik.

Asems uit die see is pas uitgereik en die liedjies op dié album kom van oraloor – Johannesburg, die Weskus en die strate van Swellendam.

Die gewilde akteur van reekse soos Dit wat stom is, 7de Laan en Egoli het nog altyd gedigte geskryf en vyf jaar gelede begin om hulle te toonset.

Elkeen van die elf snitte op die CD het ‘n storie. Weskus van God het hy 7 jaar gelede in Melkbosstrand geskryf. Sy liefde vir die Weskus kom uit sy vlootdae in Saldanha. Ek weet jy weet gaan daaroor dat ‘n mens nooit moet ophou hoop nie en in Rivier sing Ivan oor mense wat hul weerkaatsing in water sien en steeds vreesloos deur die lewe gaan. Maanloper is geskryf vir twee vriende wat weens dwelmmisbruik in rehabilitasie-sentrums opgeneem is. En in Mandjie vol sterre sing Ivan oor die liefde. Swellendam se strate het hy vir sy pa geskryf, wie se dood in 1997 hom diep geruk het.

Hy glo dat hy ‘n taal praat wat mense kan verstaan, en dat sy liedjies vir hulle iets sal beteken.

“Ek hoop die album laat hulle dink en dalk ook help om iets terug te kry wat hulle in hul lewens verloor het. Daar is in elkeen van die liedjies iets waar mense hulle in my skoene kan plaas.”

  • As jy Ivan vir ‘n konsert in jou omgewing wil bespreek, bel Sophia Wessels by 082 301 4921.
  • Asems uit die see is uitgereik deur Redd Records, Navi Redd se nuwe platemaatskappy, wat behartig word deur Hennie Meyer en Dawie de Villiers.
  • WIL

    Hoekom is n oulike jong man soos jy nog nii getrout nie.