Jak de Priester by Mija (links) en Jamie
FOTO: Phyllis Green
STILERING: Fanie Cronjé

Jak de Priester by Mija (links) en Jamie FOTO: Phyllis Green STILERING: Fanie Cronjé

Ons praat met

Jak de Priester oor vaderskap: ‘Als gaan oor liefde’

Toe Jak die ATKV se Crescendo- sangkompetisie in 2002 gewen het, het hy die land se hart gesteel met treffers soos “Sally Williams Nougat” en “Groen Mamba”. Vandag het hy reeds agt CD’s vir volwassenes agter sy naam en hy is al menigmaal vir musiekpryse benoem.

Sy jongste CD, Ek reis na gister, verwys na die TV-program Reis na Gister wat hy vir kykNET navors en  aanbied oor bekende Suid-Afrikaners se grootwordjare. Die derde reeks het in Januarie afgeskop en die vierde begin in 2016. Jak sê sonder skroom sy gesin – en om ’n gelukkige huis vir hulle te skep – is vir hom dié belangrikste ding op aarde.

Jy het “Hippie Haai’’ geskryf net voor Jamie se koms …

Ja, en dis vandag nog ’n treffer! Toe Mija op pad was, het ek weer vir haar ’n gebed geskryf. Dit is die voordeel en voorreg van ’n liedjieskrywer-pa – jy kan aanhoudend vir jou kinders vertel hoe oulik hulle is en vir hulle nuwe liedjies as geskenk gee.

My kinderalbum van verlede jaar, Myne Myne Myne, was oor kwessies wat hulle raak, soos hoe moeilik dit is om te deel en “’n Ouma is ’n wonderlike ding”. Ons dans en sing te heerlik.

Wat’s die lekkerste van pa-wees?

Om naweke in die dubbelbed saam te kuier en nie hoef te jaag om betyds te wees vir werk of skool nie. Jamie wil heeltyd stoei en Mija druk my vas. Dis kosbare gesinstyd.

Wat het hulle vir jou geleer?

Jamie vra diep, interessante vrae. Hy wonder of Jesus Afrikaans praat en of Hy bad mense maak. Hy vra vrae oor  my broer wat dood is aan kanker toe ek maar net 19 en my broer 21 was. Mija is onskuldig, sy veroordeel nie, sy lag, dans en sing. Ek kan hóé depressed wees, sy vat my wange vas met albei haar hande en dan is ek reg.

Wat wil jy hulle leer?

Wees lief vir almal, selfs mense wat jy nie ken nie. Glo in jouself, anders gaan niemand anders dit doen nie. Ek moet ook maar glo in my musiek, anders gaan niemand my ’n kans gee nie. En ek wil hulle leer elke keuse het ’n gevolg.

In watter mate moet ’n pa sy kinders help?

Ek moet aanvaar dat hulle nog hul kop gaan stamp en hul hart gaan breek. Elke ou het sy reis. Ek sal altyd daar wil wees as hulle struikel, om hulle te vang as hulle teleurstelling ervaar. En eintlik wil ek net vir Mija vir die res van haar lewe in ’n glaskas hou!

FOTO GENEEM BY Osborne House, 012 362 2334, www.osborneguesthouse.com

Jak de Priester by Mija (links) en Jamie FOTO: Phyllis Green STILERING: Fanie Cronjé

Jak de Priester by Mija (links) en Jamie
FOTO: Phyllis Green
STILERING: Fanie Cronjé