Ons praat met

Janie wil mense ráák met nuwe geselsprogram

En soms ook net die lewe se snaaksighede uitwys. Oor haar eie lewe wonder sy nie meer nie. Sy wil mou juis hoor wat ander mense sê – vir háár is hierdie geselsprogram ‘n sirkel wat wat voltooi word.

Genoeg van bang wees vir wat mense gaan sê, van wegsteek agter toe deure, van voorgee. Dit het borskanker gekos om Janie du Plessis tot dié besluit te bring. En dis die boodskap wat sy met haar nuwe geselsprogram wil uitdra.

Met Wat mense sê met Janie du Plessis wil sy Suid-Afrika aan die praat kry. Want praat maak skoon en heel. En hoe kan ons mekaar help as ons nie wéét nie? Janie, ons eie Oprah.

Sy is een van ons gewildste en bekendste glanspersoonlikhede, ja. Sy hét die getuigskrifte daarvoor. Maar sy ken ook die donker kant van die lewe. Op 50 het sy al groot uitdagings oorbrug.

[box:full:grey:both]
Oor haar geselsprogram …

“Ek het altyd gewonder hoekom die vuur vroeg in my persoonlike lewe so hoog gebrand het. En toe so vinnig weer uitgebrand het. Hoekom kanker oor my pad gekom het. Ek verstaan nou. Dis hoe die lewe jou voorberei vir die werk wat jy móét doen. My belangrikste werk lê nog voor. En ek kan nie wag nie.”
 – Janie du Plessis

[/box] [box:full:red:both]

JY KAN SAAMGESELS
Wanneer? Van 17 Julie om 21:00 op kykNET.
Wat sê jy? Jy kan direk ná elke program op sarie.com, Facebook en Twitter saampraat oor die onderwerp wat Janie bespreek het.
Het jy ‘n storie? Deel jou verhaal op die gespreksforum “Wat mense sê” op sarie.com

[/box]

VIDEO: Wat mense sê

VIDEO: Kom kuier agter die skerms by haar fotosessie


  • Petricia

    Ag nee, wat het julle met Janie aangevang ,of was sy by ‘n swak plastiese chirurg. Sy lyk onherkenbaar en oud.

  • Antoinette Bokopane

    JANIE EK DINK NIE JY KEN DIE LEWE SOOS EK NIE. Ek gaan darem maar die lewe swaar deur. Het al alles geprobeer vir verligting, Niks help nie. Moeilike tye, Geslaap met trane in die oe elke dag. Sommige keer nie geweet of ek more by die werk sal uitkom nie. SUKKEL. Tenspuite van als, probeer ek nie my kinders daaronder lui nie. Eks moedeloos. Word net hartseer as ek daaroor dink. Ons het regtig n Oprah noodig. Miskien kan jy help.

  • carine

    Hoe het jy gelyk – was dit 30 jaar gelede – toe Janie "Teletien" aangebied het? Die tyd stap aan vir ons almal; selfs die ‘celebs’! Mag ek maar op 50 so lyk met die wind in my hare!

  • Graatjie Hills

    Ek kon nie glo toe ek na die inhoudsopgawe blaai en sien dis Janie op die voorblad nie! Sy lyk pragtig en uiteindelik volwasse. Al moes dit haar 50jaar vat om so te lyk. Sien uit na haar geselsprogram. Wanner gaan dit op TV wees?

  • Graatjie Hills

    Ekskuus, sien nou dis vanaf 17 Julie op KYKNet.

  • leone arendorff

    Janie jy is en lyk nog altyd soo pragtig ek dink aan toe jy getrou het ooh jys mooi bly soo

  • Eugenia

    Janie jy was altyd vir my n "rolemodel" ek dink jy is n inspirasie vir baie vroue … Ek is 46 en ek moet se as dit nie vir jou was so ek al lankal op gegee. Na 26 jaar van getroude lewe is ek begin van die jaar geskei ……na jare van "vasbyt" maar die vasbyt het my ondergekry …. toe EEN dag besluit ek niemand het die reg om geluk van my weg tevat ….Ons het regtig n Oprah nodig …. ons hoor altyd van al die ander stories in ander lande …… ons het a "wakeup call" nodig in ons land. Sodat ons almal kan saam staan en mekaar ondersteun. Baie van ons dink ons is die enigste met probleme en is te bang om te praat. Ek sien so uit na Janie se program ….

  • sylvia meyer

    Hi Janie ek is nou na 29 jaar geskei my man het my vir al daai jare emosioneel mishandel ek het al die jare gewerk om ook my deel by te dra en die laaste 5jaar nie gewerk omdat ons 13keer getrek het oor sy nukke. Ons is nou n maand geskei en dit is baie seer en ook vir my seuns wat26 en17 jaar oud is, ek is nog baie lief vir hom al het hy vele ander verhoudings gehad. Ek is moedeloos en kry in my hart baie swaar. Wat is jou raad

  • Louise Roets

    Janie jou program "Wat mense sê" is puik – ons mis dit glad nie. Jy is absoluut die regte persoon om dit aan te bied – jou gaste lyk op hulle gemak. Daar is nog baie van wie ons sou wou hoor! Hoop jy gesels ook met Allison Botha.

    Louise Roets

  • Alida Van Vuuren

    Janie ek het baie van jou program gehou, en soos jy se elkeen van ons het ‘n strorie om te vertel.
    Ek was in vir ‘n rug operasie in Julie 1997 en was besig om te herstel toe is my man oorlede die 9de Augustus in die ouderdom van 41jaar, aan ‘n hartaanval en tydens sy begrafnis kon ek nog nie gesit het nie en moes tydens die diens in ‘n "Lazyboy" gele het.
    Tydens my swaarkry tye was, en is die Here daar om ons deur te dra.Oktober 5 jaar later daag my Seun 25jr nie op van die werk af nie en die volgende oggend 5.30 toe ek sy Supervisor skakel het hy my meegedeel dat Gert die vorige aand 7.30 die aand reeds huis toe is. So het my soektog begin, ek het van Standerton na Secunda gery om hom te gaan soek en ook kon ek hom nie spoor nie, van sy vriende het ook begin soek en ten einde laaste het ons die tyding gekry dat hy by Avbob is en dat ons hom moet kom identifiseer en sy I.D. dokument moet saam bring, wat in die wrak was waarin my Seun tydens die ongeluk was, wat veroorsaak is deur ‘n trok wat goedere vervoer het en Gert aan sy kant van die pad getref het en bo-op sy voertuig geklim het en die veld in is en dat hulle tot die oggend 3 uur gesukkel het om hom uit die wrak uit te kry.Weer eens is en was die Here daar om soos altyd mens die krag te gee om te kan aangaan.Sal graag die verhaal wil vertel van die duif wat in sy huis kom sit het die dag toe ons so gesoek het na My Seun!
    So het ek ook 3 ouers aan die dood afgestaan in ‘n kwesie van 5maande, maar deur dit alles bly ons staande met die Here se krag en genade.Daar is nog baie wat ek met jou wil deel maar moet nou gaan!!
    16 Oktober 2012

  • Amanda Duffey

    Kan enige iemand my dalk help asb. Ek het ‘n aflewering gemis, waar daar glo met ‘n Dr onderhoud gevoer was. Die man is glo fantasties en ek soek sy kontakbesonderhede en Naam/van om te skakel vir ‘n afspraak. Na amper ‘n jaar se dokterbesoeke, 1000’e rande se bloedtoetse en skanderings, skoktoetse ens. is ek presies waar ek was en almal trek net hul skouers op. Ek het tot al gegaan vir blokkers – dis om jou hande se pynsenuwee na jou brein af te blok, sodat jy nie weet jy het pyn nie. Dit het nie gewerk nie en die Dr wil hê ek moet terugkom, sodat hy al my pynsenuwee oor my hele liggaam kan blok. Help asb!!!!!!!!!!!!