Ons praat met

Jason Hartman oor roem, senuwees en bonsai-boompies

Die Idols-medewenner Jason Hartman se nuwe CD, On the Run, met 13 liedjies waarvan 10 oorspronklikis, word op 19 Oktober bekend gestel. Marguerite van Wyk het met dié bedrywige sanger gesels oor wat alles in sy lewe aangaan.

Is jy opgewonde oor die album, en wat beteken die titel?
Ons is báie opgewonde. Daar is iets vir almal om na te luister. Bietjie rock, funk, ballades en pop. Oor die titelsnit, On the run, het ek gedink dit reflekteer my lewe die afgelope maande ná die Idols-wedstryd. Ek was só besig om rond te hol en te reis, by shows op te tree en mense te ontmoet.

Wat beteken sang in jou lewe?
Dit ís my lewe! Dit is al wat ek eintlik gedoen het sedert ek skool verlaat het in 1997. My pa, Sam, het sy lewe lank musiek gemaak en my broer Scott ook. As ‘n familie-band het ons eintlik hoofsaaklik staatgemaak op musiek om geld te maak, maar buiten dít het dit ons die ongelooflikste lewenservarings gegee.

Met watter projekte hou jy jouself op die oomblik besig?
Ons tree by vertonings landwyd op en het selfs tyd om gemeenskapstuine te plant.

Wat het die Idols-roem in jou lewe beteken?
Dit het soveel deure oopgemaak. Ek het die album opgeneem, gereis en tree op regdeur die land, ek het die ongelooflikste mense ontmoet en het die wonderlikste ondersteuning van my aanhangers gekry. Ek het só baie om voor dankbaar te wees.

Hoe hanteer jy die roem?
Ek vang vis, ry fiets, streel my hond en spandeer tyd met my vriende en familie.

Sal jy daarvan hou om te probeer toneelspeel? Of om miskien ‘n kletsprogram te hê op TV of op die radio?
Ek sal mal wees daaroor. Ek is reeds gekontak oor ‘n werk as akteur en ek gaan my bes probeer.

Wie is jou rolmodelle?
Richard Baker, die stigter van Men of the Trees, Wiliam Wallace en my ma, Lyn.

Na watter soort musiek luister jy graag?
Enigiets van Seal, Bryan Adams – ek hou daarvan om in soveel as moontlik musiek geïnteresseerd te bly.

Wat doen jy vir ontspanning?
Ek hou nogal daarvan om my bonsai-boompies te snoei.

Hoe maak jy met die senuwees voor optredes?
Ek doen push-ups. Soms help ‘n tequila. Ek knip soms ‘n uiltjie nét voor ek optree.

Watter waardevolle lesse het jy geleer uit die Idols-wedstryd?
Om myself te vertrou. As jy weet wat om te doen, wat is die probleem?

As baie jong kinders graag ‘n loopbaan in die musiekwêreld wil volg, wat is jou wenke?
Speel, speel, speel! Maak nie saak wat hulle sê nie. Maak soveel as moontlik musiek en speel dit orals. Jy sal gou uitvind of jy uitgeknip is vir die vermaaklikheidsbedryf.

Bestel sy eerste enkelsnit Break the silence

  • pE8pcv qppxpjvlvmbz, [url=http://vhaqsaxydilq.com/]vhaqsaxydilq[/url], [link=http://vmtulriavtju.com/]vmtulriavtju[/link], http://ajqgvqosgdjk.com/