jeremy_947_058
Ons praat met

Jeremy Mansfield oor sy kanker-ervaring

Die bekende 94.7-omroeper Jeremy Mansfield het sy kankerbehandeling vir die res van die jaar gestaak omdat hy nie sy betrokkenheid by die stasie se Christmas Wish List-projek wil prysgee nie. Marguerite van Wyk het met hom gesels oor hoe hy nou voel en waarmee hy hom als besig hou.
 
Hoe voel jy?
Dankbaar dat die behandeling verby is, maar ek raak nog baie gou moeg.
 
Hoe lank het jy chemo ontvang en hoe het dit jou beïnvloed?
6 maande lank. Emosioneel moes ek baie gefokus bly op die positiewe dinge om te verhoed dat ek depressief raak. Fisiek was dit baie swaar en moes ek dinge stadig neem. Ek is ‘n bietjie van ‘n busy body en vind dit moeilik om stil te sit en ek moes leer om na my liggaam te luister en te kalmeer. Dit het my soms gefrusteer.
 
Watter lewensles het jy van dié kanker-ervaring geleer? Dit was seker ‘n moeilike ”reis”.
Almal het raad. ‘n Mens moet luister na jou dokter. Hy weet wat is die beste en ‘n mens moet jou vertroue in hom plaas.
 
Het jy jou leefwyse baie verander – eetgewoontes, oefenplan – om kanker te probeer hokslaan?
Toe ek dit die eerste keer gehoor het, het ek dadelik ophou rook. Ek het nog nooit weer sedertdien gerook nie. Omtrent ‘n maand gelede het ‘n vriend van my ‘n sigaret opgesteek en ek het hom gevra of ek ‘n trek kan neem. Dit het eerlikwaar geproe asof ek ‘n stuk houtskool kou wat in water geweek was. Walglik!
 
Hoe belangrik is dit om ‘n goeie geestelike uitkyk op die lewe te hê as ‘n mens kanker wil probeer oorwin? Uiteraard is dit nie moontlik om elke dag positief te wees nie. Wat doen ‘n mens op die ”af”-dae?
Ek was nog altyd ‘n baie positiewe persoon en dit het my baie deur die afgelope ses maande gehelp. ‘n Mens moet positief bly in tye van wanhoop. Die moeilikste ding was toe ek begin vrae vra het. Dan verval ‘n mens in ‘n afwaartse spiraal van depressie.
 
By watter projekte is jy op die oomblik betrokke?
Die tyd van die jaar word oorheers deur die 94.7 Christmas Wish List. Ons vra individue om bydraes te maak vir mense in nood. Dié jaar gaan baie besig wees omdat daar so baie mense in die ekonomiese resessie is wat sukkel.
 
Wanneer gaan jy weer voort met chemoterapie, en is dit goed om ‘n breek te neem?
Hopelik is dit iets van die verlede en hoef ek nooit weer chemoterapie te kry nie. Die intensiewe sessie wat ek gekry het, het hopelik klaargespeel met die kanker. Ek sal weer in Januarie vir toetse gaan om te sien wat die resultate is. Dan sal ons sien wat die pad vorentoe inhou.
 
Het die publiek en jou familie en vriende jou goed ondersteun in dié moeilike tye?
Ek was verstom deur die hoeveelheid ondersteuning wat ek ontvang het. Dit laat ‘n mens besef hoe belangrik familie en vriende is. Mense het ‘n Faceboek-blad, Support for Jeremy Mansfield, opgestel. Sowat 90 000 vriende het dit ondersteun.
 
Jy is ‘n inspirasie vir baie mense, baie gewild onder ons lesers – watter raad sal jy aan mense gee wat ook ‘n stryd teen kanker voer?
Vind iets goeds om vir iemand anders te doen. Dit is ongelooflik hoeveel beter jy voel en hoe dít jou help om van jou eie situasie te vergeet.

  • Joey Fourie

    Jeremy, jy is ‘n inspirasie vir ander en jou positiewe gesindheid is aansteeklik. Baie sterkte vorentoe en bly soos wat jy is.

  • Susan Forret

    Jeremy jy doen sulke wonderlike werk en ek dink en bid vir jou
    Baie sterkte
    Susan Forret

  • Retha Grobbelaar

    Daar is geen beter plek as in die holte van SY hande nie …. Die Here seen jou.

  • http://www.Iburst.co.za Gideon P. Pieterse

    Jeremy Dankie dat jy ‘n mens is met ‘n groot hart. Jou humor, te midde van jou situasie, maak jou ‘n held van elke Suid Afrikaner
    Dankie Boet.
    Ons staan by jou
    Gideon P. Pieterse

  • Rachelle Spies

    Baie Sterkte Jeremy! Ons glo en vertrou dat God jou sal aanraak met Sy Hand van Genesing :)
    Ons is op die oomblik in San Diego, California..ons mis vir 94.7! Wel gedaan met die goeie werk wat julle doen vir die Christmas Wish List :)

  • SteveD

    Jis ou Jeremy – jy maak my deur die jaar SO kwaad as jy so met die afrikaners spot. Maar kom Chrismast wish;ist dan sit ek en huil saam met julle en word al jou "afrikaanse sondes" jou vergewe. Jy is ‘n great ou.

  • Christelle van Staden

    Sterkte vir die pad vorentoe en dankie vir die goeie werk wat jy doen vir alle mense.

  • Hannah

    Alle sterkte vir jou en God’s rykste Seen vir jou en jou gesin

  • neqczzn

    7akHjL dtpryakaiwyf, [url=http://jpvgypycvean.com/]jpvgypycvean[/url], [link=http://mqyjnlhlvlne.com/]mqyjnlhlvlne[/link], http://xbjcagvqufrg.com/