Ons praat met

Jill Middlekop (Jansie in Egoli) se Kersfeesgeur

‘n Denneboom.

Dit laat my aan my pa dink. Hy is vier jaar terug oorlede. Vandat ek kan onthou, het ons elke jaar ‘n regte boom vir Kersfees gehad. My pa het elke jaar twee dae vóór Kersfees met die boom by ons huis opgedaag.

Hy was puntenerig oor die Kersversierings. Elke versiering het sy spesiale plek gehad. Die kleure op die boom was vir hom belangriker as die boom self. Hy was mal oor silwer en rooi balle en fyn, glinsterende drade.

Ons het na Kersliedjies geluister terwyl ons die boom versier het. Ná Kersfees het ek en my pa al die versierings versigtig afgehaal en weggepak sodat ons dit die volgende jaar weer kon gebruik. ‘n Denneboom lig my gemoed. Elke Kersfees was anders omdat ons ‘n nuwe boom in die huis gehad het. My pa was ‘n Kersfees-freak!

Omdat Kersfees altyd so spesiaal was, het ek tot vandag toe nog elke Kersdag by my ouerhuis deurgebring.
Dié jaar gaan ek weer huis toe om dit saam met my ma te vier.

Jill Middlekop is ook ‘n lid van Shine4, die SA-popgroep

Lees ook hier

In die Desember-uitgawe van SARIE onthou ‘n paar bekendes die geur van Kersfees. Kyk wat Os du Randt, Robbie Wessels en Dunay Nortjé (Kurt Darren se verloofde) te sê het.